Thorn & Feather
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thorn & Feather, Plaas 9 van 499, Vermaaklikheid, 6671, Wes-Kaap
- Vanaf R2 279 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Thorn & Feather is naby Vermaaklikheid, 35 km vanaf Riversdal en 40 km vanaf Stilbaai. Hierdie verblyf is aan die rand van die Afromontane-woud geleë en het ‘n uitsig oor die Duiwenhoksrivier en privaat toegang tot die rivier.
Dié verblyf beskik oor 3 privaat klipkothuise wat deur paadjies met klipmuurtjies verbind word. Hierdie verblyf bied slaapplek aan 6 volwassenes en 3 kinders. Die Annabelle-kothuis het ‘n koningingrootte-bed en ‘n enkelbed vir ‘n kind. Die Astrid-kothuis het ‘n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens vir 2 kinders, asook ‘n toilet en buitestort. Die Sam-kothuis het ‘n koningingrootte-bed en ‘n aparte toilet, buitestort en ‘n badkamer met ‘n klipbad, stort en mooi uitsig. Warm water word daagliks voorsien. Daar is 'n losstaande kaggel in die eetarea.
Die hoofgebou het ‘n kombuis wat volledig toegerus is en ‘n eetarea met stapeldeure wat na die stoep lei. Die kombuis is met ‘n yskas-vrieskas, nog 'n vrieskas, gasstoof en -oond, 'n yskassie, vuurherd en kookgerei toegerus. Daar is ook WiFi.
Die stoep het ‘n binnebraai, leefarea en 'n groot, gemaklike dagbed. Die oop dek het ‘n vuurput, braaigeriewe en ‘n plonspoel. Die dek lei na ‘n paadjie wat na ‘n laer dek onder bome met ‘n rivier-uitsig lei. Daar is ook ‘n groot swembad met dekstoele.
Aktiwiteite in die area sluit hengel, voëlkyk, bootvaarte, kanovaarte, kajakvaarte, staanroei, voetslaan en bergfietsry in. ‘n Lieflike strand kan via ‘n kajak of boot by die riviermond bereik word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 1
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 2
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Spa-bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jonathan Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 26
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Thorn & Feather, Plaas 9 van 499, Vermaaklikheid, 6671, Wes-Kaap
- Gaste dink Thorn & Feather het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vermaaklikheid Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thorn & Feather, Plaas 9 van 499, Vermaaklikheid, 6671, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang