Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thornbay Accommodation

  • Kapasiteit: 39 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 4, Kusweg 4, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • Vanaf R920 per nag (plek vir 4)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Thornbay Accommodation bied verblyf in Doringbaai, 'n klein dorpie in die suide van Namakwaland aan die Weskus. Hiér kan jy kan ontspan in 'n rustige en vriendelike omgewing.

Ons het 8 volledig toegeruste selfsorgwoonstelle met fantastiese uitsigte oor die Doringbaai-hawe, -vuurtoring, die see en pragtige sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Al die woonstelle front na die see en bied onbelemmerde uitsigte oor die oseaan wat net 'n paar treetjies van ons af is. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke woonstel het 'n volledig toegeruste kombuis- en sitarea asook 'n braai-area en 'n privaat ingang. Van die woonstelle is op die grondvloer en die res is op die eerste vloer. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Ander geriewe sluit 'n kuierkamer met 'n pooltafel en veerpyltjiebord in, asook 'n bibliotekie, trampolien en swembad.

Daar is 'n vissery waar jy seekos, kaggelhout en ys kan aanskaf. Daar is ook hengel- en duikgereedskap (beperkte voorraad). 'n Restaurant, kroeg en verskeie kitskosrestaurante is net 'n paar minute se stap van ons af indien jy nie lus is om kos te maak nie.

Kom ontdek ons deel van die wêreld hier in Doringbaai. Raak saans langs die koel Atlantiese Oseaan aan die slaap en gaan verken bedags die warmer binnelandse dorpies.

Dié omliggende areas noord en suid van Doringbaai bied baie om te sien en doen vir enige besoeker regdeur die jaar. Stap langs die afgeleë strande, geniet 4x4-roetes, walviskyk, visvang, Olifantsriviermond voëlreservaat, staproetes teen die hange by die see of in die berge, Namakwaland se blomme (laat winter en lente), 'n wêreldbekende vetplantkwekery, wynroetes wat in Doringbaai begin en vele meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 445 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Karin D
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike diens, mooi uitsig veral sonondergange was besonders. Baie mooi, netjies en skoon. Sal vir seker weer daar gaan bly.
Nov 2024
Elsie H
Saam met lewensmaat
5.0
Sentraal en baie gerieflik. Ja, dit was baie aangenaam.
Okt 2024
Silke G
Saam met lewensmaat
5.0
Basiftig walvisse vanaf jou stoep. Die ligging was fantasties. Ons het baie walvisse gesien vanaf ons stoep sit en kyk terwyl ons gebraai het. Alles w...
Sien meer
Okt 2024
Karin B
Gesin met klein kinders
5.0
Netjies, vriendelik, veilig en ruim. Baie netjies, veel groter as verwag, reg op die see front en vriendelike diens. Fryer's Cove restaurant daar in D...
Sien meer
Sep 2024
Sandra V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet en word aanbeveel. Baie netjies en skoon. Alles beskikbaar in die eenheid. Bed goed! Vriendelike ontvangs. Kyk asb. of die buiteligte afge...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Michele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 445

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Kusweg 4, Kusweg 4, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • Gaste dink Thornbay Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 920
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 920
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 39 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 4, Kusweg 4, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4Y2RlZjY0LTVmZjgtNDkwMS1hNTljLWYxZTQwY2E4YjAwZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag (plek vir 4) 445 5 1 5 Kusweg 4 Coast Road 4 8151 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -31.814458139521 18.236580491066

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang