Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tierra Pequena B&B and Equestrian Estate

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erf 59, Vyfhoek, Wynne-straat, Baille Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Vanaf R650 R488 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Tierra Pequena is 'n plaasstyl-landgoed van 2 ha in Baillie Park in Potchefstroom. Dit is 5 minute van die Mooirivier Mall en 10 minute vanaf die ateltiekstadion en 15 minute vanaf die Noordwes Universiteit af.

Daar is 4 unieke kamers, 1 selfsorg-ateljeewoonstel, 'n tweeslaapkamer-selfsorgwoonstel en 'n drieslaapkamer-selfsorghuis. Die kamers beskik elkeen oor gehalte-meubels en -beddens. Elke kamer het lugversorging en 'n volleidg toegeruste kombuisie. Daar is wel geen kookgeriewe beskikbaar nie. 'n Ontbyt is opsioneel teen 'n ektra koste beskikbaar.

Die Horseman-kothuis is 'n gesinswoonstel met 2 slaapkamers, 'n privaat ingang, 'n tuin en braaigeriewe. Hierdie eenheid is toegerus vir selfsorg en het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind. Hierdie eenheid kan slegs 1 klein en huisgeleerde hond akkommodeer.

At the Stables is een van die 5 oorspronklike plaashuise van die groter Vyfhoekplaas wat in 1893 gebou is en pragtig opgeknap is met meestal antieke meubels om die plaas-leefstyl van 'n vorige eeu te herroep. Die plaashuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Dit is toegerus vir selfsorg en het slaapplek vir 6 gaste. Die plaashuis is troeteldiervriendelik en het 'n omheinde tuin en braaigeriewe. Dit is by die stalle en apart van die gastehuis.

Tierra Pequena spog ook met 'n swembad, onderdakstoep met braaigeriewe, breekware, eetgerei en 'n wasbak. Gaste kan ook in die gemeenskaplike sitkamer ontspan en gerus van die klein biblioteek gebruik maak.

'n Veilige omgewing word geskep deur die 2 m hoë elektriese heining met afstandbeheerde hekke en onderdakparkeerplek weg van die ingang af.

Daar is van tyd tot tyd perde op die perseel, maar hulle is nie vir gaste se gebruik nie. Konyne, hoenders en oorgenoeg voëllewe woon ook in die groot tuin. Tierra Pequena is vir gaste wat van rus, vrede, voëlgesang en 'n warm atmosfeer hou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Spaans
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 132 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Chris V
5.0
Was 'n wonderlike ervaring en sal beslis weer daar oorslaap. Dit was 'n baie rustige en aangename 2 dae wat ek oorgebly het. Was baie vriendelik verwe...
Sien meer
Okt 2024
Dalene S
Gesin met tieners
5.0
Friendly service, neat, comfortable and quiet! Thank you for a lovely stay! The unit was clean and had everything we needed. We loved t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Llewellyn A
Gesin met tieners
5.0
Lovely host, very friendly. Beautiful accommodation, it's a home away from home. Would have been nice if we had stayed longer. Beautifu...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Yolande B
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende gastehuis, was baie tuis! Ongelooflike vriendelike eienaars. Kamer is pynlik netjies en baie goed ingerig.
Sep 2024
Mariana S
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely stay at Tierra Pequena B&B and Equestrian Estate again. We stayed in the Horseman and it suited us perfectly. Thank you...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lindi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 132

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Erf 59, Vyfhoek, Wynne-straat, Baille Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Tierra Pequena B&B and Equestrian Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Potchefstroom Noordwes
Vanaf R650
R650 R488
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
R650 R488
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erf 59, Vyfhoek, Wynne-straat, Baille Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALtYqzVrYvjgsKiFwPGs9jvWyk39HfClTnWVizfYZ4BP8egDelQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R650 nouVanaf R488 per nag (plek vir 2) 132 5 1 5 Plot 59, Vyfhoek Wynne Street, Baillie Park 2531 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -26.721118723099 27.124381810427

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang