Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Toevlug Guest Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Toevlug Gasteplaas, Sutherland, 6940, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Toevlug Guest Farm is aan die buitewyke van Sutherland geleë en bied gehalteverblyf vir 'n naweekwegbreek. Toegang tot die plaas word via 'n grondpad verkry, wat toeganklik is met 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte of 'n normale voertuig wat teen 'n stadiger spoed bestuur word.

Die huis is heeltemal toegerus vir selfsorg en bied ouwêreldse plaasverblyf. Daar is nie elektrisiteit nie, slegs sonkrag-aangedrewe ligte en voorsiening word ook vir bewolkte, sonlose dae gemaak. Die huis het ook gasverwarmers, gasgeisers, 'n gasstoof en 'n gasyskas.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die laaste slaapkamer het 4 enkelbeddens en kindervriendelike speelgoed, ideaal vir kinders. Daar is 'n warmwatersak op elke bed vir die koue winternagte wat gereeld in dié Karoo-streek voorkom.

Die kombuis is met alles wat gaste benodig vir sorgvrye selfsorgverblyf toegerus. en daar is 'n ruim eetkamer waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die plaashuis het 'n groot stoep met 'n asemrowende uitsig en braaigeriewe. In die eetkamer is daar 'n rakkie met konfyte te koop. Geld vir die produkte kan in die houer wat voorsien word, geplaas word.

Daar is ook 'n teleskoop om kleinskaalse sterrekyk te doen. Kinders mag slegs onder toesig van volwassenes die groot teleskoop gebruik. Troeteldiere is welkom, maar gaste aanvaar volle verantwoordelikheid vir hulle.

Begeleide staptogte in die Dwyka Canyon, met een nag se oorslaap onder die sterre is teen 'n ekstra tarief beskikbaar, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes. Gaste kan in die natuurlike swempoele swem en agter 'n waterval slaap, onderhewig aan die toestand van die strome en droogte. Die Natuurerfenisprojek kan besoek word om die Star Tree te sien, want dit is die enigste plek waar dit in die land groei. Aasvoëlkrans-uitkykpunt kan op die naburige plaas besoek word, indien dit vooraf gereël word.

Let daarop dat die plaas geen selfoonsein het nie en dat gaste water asb. spaarsamig moet gebruik.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

3.5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Goed

Netheid
3.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.5
Diens
3.8
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.5/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Toevlug Gasteplaas, Sutherland, 6940, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaap Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Toevlug Gasteplaas, Sutherland, 6940, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHv2Vg5L5YNzQfpUFZRyhjIMJyjV021enGVzzc2zhN2hcqZBYXt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 10 mense 4 5 1 4 Toevlug Guest Farm Sutherland 6940 Noord-Kaap 021 201 8901 10:00-23:00 10:00 -32.435580265326 21.078526979209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang