Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

17 On Bird Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bird-straat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

17 On Bird Guest House is een van die oudste huise in Beaufort-Wes.

17 On Bird Guest House is maklik bereikbaar en is in 'n stil omgewing geleë wat dit 'n onvergeetlike ervaring vir 'n oordeelkundige toeris of sakereisiger maak. Hier kan jy ontspan in die groot peerbome se skaduwee en 'n skemerkelkie geniet terwyl jy uitkyk oor Birdstraat wat ongetwyfeld die mooiste straat in die Karoo is.

By 17 On Bird is ons trots op ons skoon en gerieflike oornagverblyf. Toeriste en vakansiegangers kan bespreek sonder om te huiwer, want ons waarborg uitstekende diens, 'n netjiese, skoon en gemaklike bed en 'n warm bad/stort.

Verblyf word aangebied in 11 ruim kamers. Al die kamers is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met DStv-kanale, lugversorging en 'n yskassie. 'n Aparte kroeg- en braaigeriewe is ook beskikbaar vir gaste wat daarvan wil gebruik maak en lekker wil kuier rondom die swembad. Veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit word ook voorsien.

Smaaklike etes is beskikbaar in die vorm van tradisionele maaltye soos lamsboud, lamskenkel, hoenderpastei, ens. 17 On Bird is volledig gelisensieer en koeldrank, bier en wyn is by die hoofontvangs beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 258 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Edwin P
Gesin met tieners
5.0
Awesome. Warm welcome. Good night's rest.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Jerome C
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Was baie lekker en gerieflik met vriendelike diens.
Des 2024
Angelique V
5.0
Koel oase na 'n lang dag op 'n baie besige pad. Weereens lekker gewees! Heerlike aandete na 'n lang dag op die pad, gevolg met 'n lekker stort en 'n b...
Sien meer
Des 2024
Etienne B
Gesin met tieners
5.0
Heerlike oase oppad Kaap toe. Heerlik gebly. Vriendelike ontvangs en personeel. Bly elke jaar daar oor oppad Kaap toe.
Des 2024
Dijon S
Gesin met tieners
5.0
Amazing. Very nice place, clean with friendly staff. Our second time staying here. Highly recommend it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 258

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Bird-straat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink 17 On Bird Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bird-straat 17, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0MjUyNGE5LTk2OWYtNDYyNC04NDAwLTg0MTU5ODg4ZWUxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 258 5 1 5 17 Bird Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.347694444444 22.583888888889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang