Tropical Eden Villas
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofweg 99, Patensie, 6335, Oos-Kaap
- Vanaf R1 426 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tropical Eden Villas is in Patensie geleë - die laaste dorpie voor Baviaanskloof. Daar is 4 villas en 'n gastehuis op 'n groot stuk grond en dis lekker privaat.
Elke villa bied 'n lieflike uitsig oor die Gamtoosvallei en op die berge in die verte. Dié uitsig kan vanaf die sitkamer en hoofslaapkamer bewonder word. Elke villa het 'n stoep aan weerskante en beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens, asook 'n klein tweede slaapkamer met 'n enkelbed. Verder is daar 'n enkelbed in die sitkamer. Elke villa het 'n badkamer met 'n stort en daar is oorgenoeg kasruimte. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Verder het elke villa 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Elke kombuis het 'n granietoppervlak en is toegerus met 'n elektriese stoof, mikrogolf en gasstoof. Elke villa het sekere DStv-kanale wat sport insluit.
Die Kougadam is sowat 30 km buite Patensie en is ideaal vir voëlkyk. Jy kan ook voetslaan en bergfietsry in die omgewing, en visvang in die Gamtoosrivier.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Reneé Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 13
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kloofweg 99, Patensie, 6335, Oos-Kaap
- Gaste dink Tropical Eden Villas het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofweg 99, Patensie, 6335, Oos-Kaap