Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tuis en Tevrede

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiewietlaan 1, Kwaaiwater, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tuis en Tevrede is 'n knus woonstel met 'n aparte ingang, wat op die eienaar se eiendom, sentraal in die gewilde kusdorpie Hermanus geleë is. Dit is die ideaal vir 'n klein gesinsvakansie, aangesien dit net 200 m vanaf Cliff Path en 'n klipgooi van die middedorp af is.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar. Die eerste badkamer het 'n stort, terwyl die tweede badkamer 'n hoekbad en 'n stort het. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie wat met 'n induksieplaat, mikrogolf, toebroodjierooster, yskas-vrieskas, lugbraaier, eetgerei, breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet of in die sitarea voor die TV ontspan. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Dié eenheid het 'n sonkragstelsel en batterye wat tydens beurtkrag inskop. Buite die eenheid is daar 'n lieflike stoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai wat ideaal is vir skermerkelkies. Die eiendom is naby Hermanus Gholfklub en Fernkloof Natuurreservaat. Die perfekte plek om die seisoenale walvisse te besigtig is by Sieviers Point wat 500 m ver is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lucas Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Kiewietlaan 1, Kwaaiwater, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tuis en Tevrede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiewietlaan 1, Kwaaiwater, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd5bcaa1112339cff8d41f4f62ac392e7c3431e1c54f3d0e6233f251d108308a57ac9acc7bb76c3989fdb63f130282786662d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 1 Kiewiet Lane Kwaaiwater 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.4087139 19.262268

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang