Twin Okes Self-catering Units
Beskrywing
Twin Okes bied verblyf in 2 dubbelverdieping-selfsorgeenhede wat elk slaapplek bied aan 10 gaste. Elke eenheid beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer is onder en dit het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 2 enkel-stapelbeddens. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die ander geriewe sluit 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea met 'n TV met DStv in.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Vermaak
Huisreëls
'n Breekskadedeposito van R1000 word vereis. Die breekskadedeposito sal verbeur word indien hierdie bespreking gekanselleer word en dit sal slegs terugbetaal word wanneer die inventaris gekontroleer is (binne 7 dae vanaf die vertrekdatum tensy daar enige breekskade opgemerk is of vervangings gedoen moet word). Sou daar enige breekskade tydens die verblyftydeperk wees, sal die vervangkostes van die breekskadedeposito afgetrek word. Hierdie bespreking kan slegs bevestig word wanneer die aanvanklike deposito van R1000 ontvang is. Die uitstaande balans is binne 14 dae voor die inklokdatum aan Twin Okes betaalbaar. Wysigings en kansellasies deur Twin Okes is baie onwaarskynlik, maar sou die omstandighede van so aard wees, sal Twin Okes die kliënt so gou moontlik in kennis stel. Indien Twin Okes nie die kamer wat deur die kliënt bespreek is aan hom/haar kan verhuur nie, sal Twin Okes die bespreking kanselleer en die bedrag wat deur die kliënt betaal is aan hom/haar terugbetaal. Twin Okes sal vir geen kansellasiekostes, reisreëlings of enige ander eise deur die kliënt of die gaste verantwoordelik wees nie.
Slegs die gaste wat op die registrasievorm aangedui is mag van die eiendom gebruik maak en die hoeveelheid gaste wat in die kamers slaap mag onder geen omstandighede die hoeveelheid gaste soos deur Twin Okes aangedui is, oorskry nie. Twin Okes is geregtig om die kliënt en sy gaste te vra om te ontruim indien die reëls nie nagekom is nie.
Inventaris: Indien 'n inventaris voorsien word, moet enige ongeruimdhede binne 24 uur van die inkloktyd by Twin Okes aangemeld word. So nie, sal die inventaris as korrek beskou word.
Breekskade: Die kliënt is verantwoordelik vir enige kostes met betrekking tot skade, breekskade of verlies van die eiendom of sy besittings. Twin Okes behou die reg voor om enige verdere koste of heffing van die aard van die persoon wat die besprekingsvorm onderteken het te verhaal indien die breekskadedeposito nie voldoende is nie. 'n Breekskadedeposito van R1000 is met die inkloktyd betaalbaar.
Gedrag: Die persoon wat die registrasievorm geteken het is vir die gedrag van al die gaste wat van die bespreekte eenheid gebruik maak tydens die huurtydperk verantwoordelik. Daarbenewens is dit die kliënt en die ander gaste wat gelys is se verantwoordelikheid:
- om vir enige verlies of skade aan die eiendom te betaal (redelike slytasie uitgesluit);
- om die eiendom en die items op te pas en dit skoon en netjies te los aan die einde van die huurtydperk;
- om Twin Okes redelike toegang tot die kamer te bied;
- om nie met die eiendom se besittings die perseel te verlaat nie of met enigiemand anders as die gaste wat gelys is dit te deel nie;
- om geen steurings vir ander gaste te veroorsaak nie.
Rook en Troeteldiere: Rook is verbode op die perseel. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Aanspreeklikheid/Vrywaring: Gaste betree die eiendom op eie risiko. Die gas aanvaar namens hom-/haarself en hul geselskap dat Twin Okes Guesthouse se werknemers of agente vir geen beserings of afsterwe van enige persoon verantwoordelik sal wees nie en ook nie vir die verlies of skade aan die eiendom op die perseel nie hetsy as gevolg van 'n brand, diefstal of enige ander oorsaak. Verder sal Twin Okes ook nie vir die persoon wat die skade veroorsaak het, of vir enige nalatigheid of onregmatige daad van enige werknemer van Twin Okes Gastehuis verantwoordelikheid aanvaar nie. Daarom aanvaar Twin Okes geen verantwoordelikheid nie en gaste moet dus enige eise vir enige handeling, nalatigheid wat kan lei tot 'n ongeluk, skade, verlies, beseringskoste of ongerief rakende enige persoon of die perseel, laat vaar. Hiermee vrywaar die gaste die eienaar teen enige eise wat van enige aard kan opduik, hetsy dit vanuit die eienaar se verstek, nalatigheid of ander redes ontaard.
Kinders van 0 tot 2 jaar bly gratis.
Kinders van 3 en 18 betaal 100% van die gedeelde tarief.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterbessiestraat 14, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6880, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang