Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tyday Accommodation

  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arendstraat 20, Cotswold, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tyday Accommodation is in die hartjie van Gqeberha (Port Elizabeth) geleë, naby al die plaaslike besienswaardighede en winkels. Verblyf beskik oor 10 selfsorg-eenhede.

Die eenhede sal ideaal wees as jy besig is om te verhuis of dalk vir 'n kort tydperk in Gqeberha (Port Elizabeth) werk. Die eenheid sal op 'n weeklikse basis skoongemaak word, en daar kan ook in jou was- en strykbehoeftes voorsien word indien nodig teen 'n klein fooi. Die gebruik van water en elektrisiteit is by die tariewe ingesluit. Al wat jy moet saambring is jou eie kos en klere. Alle eenhede het privaat ingange en ons bied veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Die ateljee-eenheid is 'n ruim en privaat eenheid met slaapplek vir 4 met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is 'n goed toegeruste kombuisie met 'n mikrogolf, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware asook 'n sitarea met 'n ingeboude braai en TV met DStv-kanale. Die badkamer het 'n stort.

Die basiseenheid het slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Dit het 'n goed toegeruste kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware asook 'n versonke sitarea met 'n TV wat DStv-kanale het. Die badkamer het 'n stort.

Die Bachelor-eenheid het slaapplek vir 3 gaste en bestaan uit 'n goed toegeruste kombuisie met 'n mikrogolf, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware asook 'n oopplan-leefarea en -slaapkamer-area met 'n dubbelbed en 'n TV met DStv kanale. Die badkamer het 'n stort.

Die Rugsakreisiger-eenheid is ideaal vir 'n enkelreisiger en beskik oor 'n driekwartbed, badkamer met 'n stort en 'n TV met DStv-kanale.

Elke swembad-eenheid het slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit 'n goed toegeruste kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware asook 'n oopplan-leefarea en -slaapkamer-area met 'n dubbelbed en 'n TV met DStv-kanale. .

Eenheid 19 is volledig gemeubileer en kan tot 2 mense akkommodeer. Daar is 'n goed toegeruste kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware asook 'n aparte leef- en slaapkamerarea met 'n TV wat DStv-kanale het, koninggrootte-bed en lugversorging.

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Busisiwe D
Gesin met klein kinders
5.0
Remarkable. Very friendly and professional staff and had a great stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023
Shenay A
Gesin met klein kinders
4.8
Pleasant and peaceful. The stay was very nice and convenient for my family of four. The owner was very kind, nice and helpful, can't wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Mnoneleli G
Saam met lewensmaat
4.4
Lights tripped but we had power backup. Landlord friendly and welcoming. There were no lights tripped, but we were okay as we had a mob...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Carmen C
Saam met vriende
4.2
Die kombuiste in al die kamers was bietjie vervalle. Die 2-plaatstowe vas vuil. Van die kassies maak nie reg toe nie.
Aug 2023
Albert V
3.0
Ongelukkig n mors van geld! Die plekkie self is lekker rustig, maar netheid is duidelik nie belangrik nie. Die hele kamer is vol miere en kakkerlakke....
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Maretia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 52

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Arendstraat 20, Cotswold, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Gaste dink Tyday Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arendstraat 20, Cotswold, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5YzRhMmI2LTA2ODctNGUxMy04ODY1LWE0NTAzYTQ1OGYyOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 52 5 1 5 20 Arend Road Cotswold 6045 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.937608 25.555614

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang