Tyday Accommodation
- Kapasiteit: 27 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arendstraat 20, Cotswold, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tyday Accommodation is in die hartjie van Gqeberha (Port Elizabeth) naby al die plaaslike besienswaardighede en winkels geleë. Akkommodasie beskik oor 10 selfsorg-eenhede.
Ons eenhede sal ideaal wees indien jy besig is om te trek of 'n tydjie in Gqeberha (Port Elizabeth) gaan werk. Die eenheid word weekliks skoongemaak en jou wasgoed en strykgoed kan ook gedoen word teen 'n klein ekstra fooi. Water, elektrisiteit en 'n TV met DStv in is ingesluit by die tarief. Al wat jy hoef te bring is jou eie kos en klere. Al die eenhede het privaat ingange en ons bied veilige parkeerplek agter 'n hek met toegangsbeheer.
Die ateljee-eenheid het slaapplek vir 4 gaste en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die eenheid is ruim en privaat. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n ingeboude braaiplek en 'n TV met DStv. Die badkamer het net 'n stort. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.
Die grond-eenheid het slaapplek vir 4 gaste en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die versonke leefarea het 'n TV met DStv-kanale. Die badkamer het net 'n stort. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.
Ons enkelwoonstel het slaapplek vir 3 gaste en het 'n dubbelbed. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea en -slaapkamer het 'n TV met DStv-kanale. Die badkamer het net 'n stort. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.
Die rugsakreisiger-eenheid, met slaapplek vir 1 persoon, het 'n driekwartbed. Die badkamer het net 'n stort. Daar is 'n TV met DStv, 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.
Ons swembad-eenheid 1 het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die eenheid is oopplan met 'n leefarea en slaap-area en daar is 'n TV met DStv.
Eenheid 19 is ten volle gemeubileer en bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is 'n goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware en daar is 'n aparte leefarea en slaapkamerarea met 'n TV met DStv, 'n koninggrootte-bed en lugversorging.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Maretia Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 52
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Arendstraat 20, Cotswold, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
- Gaste dink Tyday Accommodation het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Kapasiteit: 27 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arendstraat 20, Cotswold, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang