Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Valley View Studio

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bibury-laan 14, Linkside, Gqeberha, 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R730 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Valley View Studio is 'n moderne selfsorgwoonstel op die grondverdieping op dieselfde perseel waar die eienaar woon. Dit het 'n aparte ingang van die hoofhuis.

Die woonstel is in die rustige woonbuurt Linkside, Gqeberha, langs die Baakensvallei geleë is. Hierdie woonstel word deur welige groen omring en is naby plaaslike besienswaardighede wat dit geskik vir beide sakereisigers en vakansiegangers maak.

Dié ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind onder 18 en het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Daar is oorgenoeg kasruimte en gaste gebruik 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie woonstel is slegs 'n paar minute vanaf die Grey-skole en Collegiate, asook 5-minute se ry vanaf St Georges-hospitaal en Greenacres-hospitaal. Parkeerplek in die straat is beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 3 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Area
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Lindy K
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi, netjiese verblyf. Kan aanbeveel. Ons het baie lekker gebly. Baie netjiese, skoon verblyf. Sentraal geleë sodat jy PE maklik kan verken.
Jun 2024
Fasti B
Gesin met tieners
5.0
Modern, clean, everything you need. We thoroughly enjoyed our 2-night stay at this beautiful place. The studio was spotless and everyth...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Hanna V
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, skoon, stil omgewing. Die verblyf en die omgewing was baie mooi en lekker gewees. Die straat parkering op 'n draai was egter nie ideaal nie...
Sien meer
Mrt 2024
Cindy D
5.0
Mooi moderne, ruim blyplek. Valley View Studio is 'n baie netjiese, ruim, rustige, moderne plek met 'n mooi uitsig. Ons het baie lekker gebly en bevee...
Sien meer
Feb 2024
Theo B
Saam met vriende
4.4
Comfortable and flexible. We came down for the Ironman and really enjoyed our stay. The host was wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kendal Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Bibury-laan 14, Linkside, Gqeberha, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Valley View Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R730
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R730
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bibury-laan 14, Linkside, Gqeberha, 6001, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47a3fd69b34fa30576b418437afeac80c27724bec5c8ca0356b02acb08bf2a6c9b73ab6ea4930f7644474c37649fe30dc800?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R730 per nag (plek vir 3) 6 5 1 5 14 Bibury Avenue Linkside 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -33.9663329 25.5815693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang