Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

View On The Bay

Selfsorg

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.5
Veiligheid
5.0
Anecke V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Uitstekende verblyf, goeie eetplekke en uitsig is die beste. Wat 'n pragtige plek, pragtige area, veilig en gemaklik. Die gasheer was so gaaf om al die plekkies vir die beste fotos uit te wys asook die heerlikste vars vir en tjips.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stephen
View On The Bay
Hi Anecke, baie dankie vir jou terugvoering. Dit was 'n plesier om met julle kennis te maak en lekker geselsies te hê. Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete, Stephen en Stella

Fanie S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Jan 2025

St Helena is 'n baie lekker plek, maar die blyplek was erg ongemaklik. Dit word as selfsorg eenheid geadverteer, maar is eindelik 'n oornagkamer. Daar is 'n halwe klere kas wat totaal onvoldoende is vir langtermynverblyf; ons het uit tasse geleef. Verdere probleme: die wasbak in die kombuisgedeelte is so klein, ek kry amper nie 'n vuil bord in nie. Die grootste probleem is twee dinge: dit was die swakste bed waarop ek nog ooit in my lewe geslaap het; dit moet onmiddellik vervang word. Dan is daar geen eiskas waarin jy vleis kan vries nie; daar is genoeg plek om probleme op te los. Fotos op Lekkerslaap lyk groter as wat dit werklik was. Geen linne het onder een duvet geslaap vir 13 dae nie; ek het dit self laat was. Daar is ook nie 'n besem om te vee nie; ek het een gaan koop en daar gelos.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Stephen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinta-singel 7, Britannica Heights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd18047fd8acbca4507509d23a08b7c457a2f6bb56314c66ad1a6354ca6272e3556e8cce1b6a002e495d1ad6df1319d77e1eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 7 Pinta Crescent Britannica Heights 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.7542326 18.0155876

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang