Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa del Mar

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!

Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *

Op die Nippertjie-aanbod

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Prys sluit in
Selfsorg
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2500 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Gaste moet asb. vooraf met die eiendom reëlings tref indien hulle hul honde wil saambring.
Hanteer asb. die huis soos jou eie en kyk mooi daarna en los dit asb. in die toestand waarin dit gevind is.
Rook word op die buitedekke toegelaat, maar gebruik asb. die asbakkies wat voorsien word en maak hulle na gebruik skoon.
Sit asb. alle dekkussings binne indien dit lyk na reën, of met vetrek.
Gebruik asb. slegs die onderste verdieping se braaigeriewe of binnebraai. Maak asb. die vuur in die kolehouer wat voorsien word aan die regterkant, hark die kole na die linkerkant toe aangesien daar 'n lig aan die binnekant aan die linkerkant is wat sal bars as dit blootgestel word aan direkte vlamme of erge hitte.
Gaste moet asb. stort voor hulle die Jacuzzi gebruik en dit in "rus" of "lae temperatuur" los indien dit nie gebruik word nie en aan die einde van die aand.
Elektrisiteit word vooraf op die meter gelaai vir alle huishoudelike benodighede en om die Jacuzzi vir 1 en 'n halwe uur per dag te gebruik. Die Jacuzzi gebruik R100 per uur. Ekstra elektrisiteit kan aanlyn of by die plaaslike winkel gekoop word, die meternommer is op die kragboks in die kas langs die yskas.
Alle toestelle se gebruikshandleidings is in die boonste laai van die kombuis onder die mikrogolf.
Die breekskadedeposito sal terugbetaal word die dag na vertrek en na 'n inspeksie plaasgevind het. Enige skade of breekskade moet asb. aan die eienaar gekommunikeer word ten tyde van uitklok of indien gaste self uitklok, via WhatsApp.
Maak asb. skoon, indien die huis buitensporig vuil is, sal 'n skoonmaakfooi gehef word. Gebruik asb. die swart vullissakke en plaas hulle in die groen munisipale dromme aan die voorkant van die huis voor vertrek sodat bobbejane dit nie oopskeur nie.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R 4 350
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 4 350
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disa-weg 122, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ea108394affce1b671feaa24b922404698db32ab5d05d4d9dd561f63edeeaff24761eefc98bb326b1680a61e749189fffdc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 350 per nag (plek vir 8) 22 5 1 5 122 Disa Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.369288581302 18.892632206577

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang