Vinho Verde
Kry 20% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maraisstraat 38, Franskraal, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 320R5 056 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Vinho Verde is 'n selfsorgvakansiehuis reg langs die see in die rustige kusdorp Franskraal naby Gansbaai. Hierdie bekoorlike huis spog met 'n pragtige uitsig oor die see en is slegs 'n entjie se stap vanaf die klipperige kuslyn.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvolle slaapkamers, 4 badkamers en 2 oopplan-kombuise, -eetareas en -sitareas. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Dit lei ook na 'n klein balkon met 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Dit spog ook met direkte toegang tot die Jacuzzi en kuierarea. Die vierde slaapkamer is 'n aparte kothuis met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet, en dit ook toegang tot die Jacuzzi. Daar is nog 'n gastebadkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet op die onderste verdieping.
Die kombuis op die grondverdieping is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die ruim sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv-stroomtoegang en 'n pooltafel.
Die boonste verdieping het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n ingeboude braai-area. Die kombuis op die boonste verdieping is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met 6 stoele en 'n kroeghoekie wat na die stoep lei.
Die groot balkon is met kunsgras bedek en het 'n sambreel vir skadu. Die huis het ook veilige parkeerplek vir 2 voertuie, gratis ekstra parkeerplek op die perseel en 'n alarmstelsel.
Hierdie deel van die Wes-Kaap se kuslyn is rotsagtig en rou met uitstekende geleenthede vir visvang, haaihokduik, diepseeduik en snorkel vir diegene wat die kleurvolle oorvloed van fauna en flora onder die see wil sien. Die lang, pragtige strande is ideaal vir swem en stap.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Maraisstraat 38, Franskraal, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Vinho Verde het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maraisstraat 38, Franskraal, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang