Vissie en Skulpie
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Daytona-weg 29, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Vissie en Skulpie bied selfsorgverblyf in die pragtige kusdorpie, Jongensfontein, en is op die Tuinroete op pad na Kaapstad geleë. Die woonstel is naby die see en 'n asemrowende getypoel.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte bed en het 'n en suite badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte bed en daar is 'n stort in die tweede badkamer.
Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, dubbel opwaswasbak, n vierplaatstoof en oond, 2 ketels, 2 broodroosters, halogeen-konveksie-oond, 2 yskaste elkeen met n vriesdeel, 2 mikrogolfoonde, eetgerei en breekware..
Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 mense en die woonkamer het gemaklike leerbanke met 'n TV en volle DSTV-pakket.
Buite is daar twee onderdak braai areas wat uitkyk op die see. Daar is n tafel met sitplek vir 8 persone en n tafel met sitplek vir 4 persone.
Daar is ook parkeerplek vir twee motors asook onbeperkte internet.
Die woonstel is loopafstand van die hoofstrand, winkel en karavaanpark.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Daytona-weg 29, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Jongensfontein Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Daytona-weg 29, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang