VJ'S Guesthouse
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.5/5
Wilhelmis Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Corina G - Mei 2024
Algehele gradering
Helpful kind service. Pleasant stay.
Layla J - Des 2023
Algehele gradering
Beste vakansie in 'n lang tyd.
Monique R - Mei 2024
Algehele gradering
Peaceful.
Jacques M - Mrt 2023
Algehele gradering
Skoon.
Anonieme gas - Jun 2024
Algehele gradering
Cherish J - Jan 2024
Algehele gradering
Teleurstellend.
John E - Des 2022
Algehele gradering
Apart from the fact that the restaurant was not available for breakfast, lunch nor dinner, we love the place.
Albertram (berty) V - Jun 2022
Algehele gradering
Enjoyable stay.
Raymond W - Mei 2022
Algehele gradering
Kuier was baie lekker - rustig en alles was loopafstand indien jy enige iets nodig gehad het.
Anthony V - Okt 2022
Algehele gradering
Kuier was aangenaam.
Lees meerIvan V - Aug 2022
Algehele gradering
Not a safe area for visitors.
Agnes B - Des 2021
Algehele gradering
Very very nice.
Madelein V - Jan 2021
Algehele gradering
Nie goed geleë nie en die ontvangs is nie voltyds oop nie.
Lees meerVJ'S Guesthouse se terugvoer
Dankie vir terugvoering, maar verskaf graag terugvoering, wat ligging aanbetref is ons by uitstek goed gelee:
1. Ons is gelee op die nasionale roete van die binneland na die kusdorpe.
2. 'n Pick 'n Pay kompleks is langs ons gelee met onderandere apteke, oogkundiges, Wimpy en verskeie klerewinkels.
3. Binne stap afstand vanaf die provinsiale sportsentrum. Binne stapafstand van meeste skole se sportfasiliteite.
4. Engen garage binne 800m met 'n Woolworths foodshop.
Veiligheid - Reaksiemag sekuriteit met kameras buite en dele van die geboue het beams. Die kamers het elkeen individueel sy eie alarm stelsel.
Ons bly nog in die platteland ons het in die afgelope 20 jaar nog nie enige probleem gehad nie.
Ontvangs
Let wel dit was Nuwe jaars dag, normale ure is van 8 uur die oggend tot 8 uur die aand, kliente word wel hanteer indien daar vroegtydige reelings gemaak word bv binnelandse vlugte.
Op die perseel het die bestuurders draagbare telefone tydens hulle inspeksie van die kamers. Elke kamer is toegerus met die telefoon nommers van die bestuurders by ontvangs is ook die telefoon nommer beskikbaar van die bestuurder aan diens.Die eienaar se telefoon nommer is ook beskikbaar in die kamers.
Ons is jammer as julle nie n teelepels in die kamer gehad het nie, daarom is daar telefoon nommers in die kamer indien u iets benodig.
Dankie vir die ondersteuning. Ons is ingestel om die beste diens te gee wat mens moontlik kan dien.
Mervyn S - Des 2021
Algehele gradering
Kamers lyk nice. Maar diens en netheid is swak.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Ons antwoord graag op u kommentaar.
Die bestuurders is profesionele, opgeleide personeel. Die bestuurder aan diens het u vergesel na u kamer om u vertroud te maak en seker te maak u is gelukkig. Die volgende dag het u en u maat die bestuurder ontmoet in die gang waar u vriendelik gegroet is. U het dus ook geleentheid gehad om enige klagte aan haar oor te dra indien daar enige klagte was, dit het egter nie gebeur nie.
Die bestuurders het 'n draagbare telefoon, en op inligting binne die kamers, is die eienaar se selfoon nommer ook beskikbaar, u het nie van hierdie dienste gebruik gemaak nie.
Met u vertrek het u die sleutels aan die kamer personeel oorhandig en nie by die kantoor ingehandig nie, om sodoende terugvoering te kon gee aan bestuur.
Wi-Fi is gratis, u het nie daarvoor betaal nie, die wagwoord was beskikbaar by die kantoor.
Ons is nie 'n Bed en Ontbyt nie, maar wel 'n gastehuis en sluit dus nie ontbyt in soos by 'n Bed en Ontbyt. Daar is wel 'n privaat restaurant wat onbyt aanbied, wat u besoek het.
Ons het van Januarie tot Desember 2021, 'n bespreking koers gehad van 78.1%. Wat gelyk is aan 6844 gaste, om dit te kan reg kry moet ons kamers van 'n hoe standaard wees en ons kommunikasie met kliente uitstekend wees.
WFG Viljoen
Eienaar
Magda V - Mrt 2021
Algehele gradering
Nooit weer sal ons daar tuisgaan nie.
Lees meerVJ'S Guesthouse se terugvoer
Geagte Mr & Mev Van Der Walt
VJ's Gastehuis bestaan alreeds 23 jaar. Die gastehuis is deur AA as Superior gegradeer en het al oor die afgelope 10 jaar j 'n getal van 37 076 besoekers aan ons gastehuis gehad. Sedert Januarie 2021 is 'n besettings persentasie van 84% gehandhaaf. U erken dat u 'n vriendelike ontvangs gekry het, die kamer skoon en netjies en alles gerieflik in die kamer was. U het by ontvangs 'n dokument geteken wat ons gedragskodes aanwys en ook wat die covid-wetgewing van ons verlang. Buite op die perseel voor alle ingange is daar kennisgewings wat aandui dat stilte tussen 23:00PM tot 06:00AM gehandhaaf moet word. Die gastehuis het 'n privaat parkerings area wat deur 'n reaksie-mag sekuriteit (Topflight )bedien en gereeld besoek word Elke kamer het ook 'n eie alarm stelsel by die deur en die perseel word gedek deur kameras, en beamers" . Ons beskou die plek as veilig. U sal dus besef dat ons van VJ's se kant af alles in ons vermoe doen wat deur die vereistes van die gastehuis bedryf gestel word. Ons by VJ's gastehuis doen dus ons deel en vind u aantygings vreemd.
1 .Daar is geen kroeg fasiliteit wat op die perseel bedryf word en drank verkoop nie. U aanname dat 'n kroeg bestaan is verkeerd.
2. Daar is wel 'n firma wat die 3 self catering eenhede huur.
Die geraas faktor is die volgende oggend skriftelik deur die eienaar aan die gaste in die self catering oorhandig en die bestuurder het onderneem om die geraas faktor aan te spreek en hulle het dadelik daarop gereageer.
3. Die reels volgens die gedragskode is dat enige buite persone wat die perseel besoek by die kantoor moet aanmeld om sy temperatuur te laat neem en om ook die vorm te teken vir kennisname.
4. Ek as W Viljoen (eienaar) sou dit waardeer as u my persoonlik ingelig het toe die probleem opgeduik het. My selfoon nr is beskikbaar in alle kamers,
Ook verdien my personeel om met respek behandel te word wanneer n probleem gekommunikeer word.
Die Uwe
W. Viljoen
Terrence N - Sep 2020
Algehele gradering
The location is perfect if you want to be in Uitenhage and Port Elizabeth
Christa E - Des 2020
Algehele gradering
Oornagplek op pad huistoe van Overberg.
Lees meerMartin W - Jan 2020
Algehele gradering
Baie vriendelik staff en baie gemaklike plekkie.
Anonieme gas - Aug 2020
Algehele gradering
David S - Nov 2019
Algehele gradering
Ligging perfek en netheid en gerief ook 'n pluspunt.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir goeie terugvoering! Ons streef daar in om altyd te verbeter.
Groete Willie Viljoen
Karin B - Mrt 2019
Algehele gradering
Loadshedding meestal en geen lampe of kerse.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Beste Karin,
Baie dankie vir die terugvoer en jul ondersteuning.
Die bed is veronderstel om 'n dubbelbed matrasbedekker oor te hê. As dit nie die geval was nie, dan vra ons om verskoning.
Jammer die ongerief met beurtkrag. Daar is wel lampies beskikbaar vir die kamers by die kantoor. Die krag was veronderstel om aan te gaan om 21:30, wat nie gebeur nie. Dit het eers om 06:00 die volgende oggend aangekom, wat ongewoon is.
Die bestuurder het tot 01:00 aan diens gebly terwyl hulle normaalweg om 22:00 van diens af gaan. Daar is wel kameras op die perseel en in 21 jaar het was daar nog nie probleme nie, waaroor ons dankbaar is.
Groete,
Willie Viljoen
Dieter L - Mei 2019
Algehele gradering
Sal nie weer hier bly nie.
Lees meerAntoinette D - Apr 2018
Algehele gradering
Was lekker rustig.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die uitstekende terugvoering.
Groete,
Willie Viljoen (Eienaar)
Debbie B - Feb 2018
Algehele gradering
Heerlik.
Lize S - Des 2018
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs.
Derick A - Jun 2018
Algehele gradering
Behulpsame en vriendelike mense.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Dankie Derick, vir die goeie terugvoer. Ek sal terugvoering gee aan die huurder van die Cocktail Lounge.
Willie Viljoen
Annarine P - Apr 2018
Algehele gradering
Nie te sleg nie.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Thank you for your feed back. We will take note of your recommendations.
Anonieme gas - Apr 2018
Algehele gradering
Helena E - Jan 2018
Algehele gradering
Altyd netjies en lekker kos in hul restaurant. Goed geleë vir sakebelange in Uitenhage en Despatch.
Lees meerVJ'S Guesthouse se terugvoer
Ek vra onverskoning vir die ontbyt aangeleentheid, Ek die eienaar sal dit aanspreek en regstel. Die personeel weet baie goed dat hulle die ekstra myl vir die kliënte moet loop. Al het u nie ontbyt bespreek nie, is daar geen rede dat hulle nie kon bedien het nie. Dit sou net bietjie langer geneem het
Willie viljoen
eienaar
Stephnie C - Nov 2018
Algehele gradering
As 'n mens moet oorbly a.g.v. 'n troue of werk op die dorp - sal jy oorleef.
Lees meerVJ'S Guesthouse se terugvoer
Ons neem kennis van u waarneming, ons neem aanbevelings nie ligtelik op nie. Dankie vir u besoek. Ek noem net die volgende: Daar is 'n stortmatjie binne en buite die storte. Daar is ook n mat langs die beddens. Die TV was nie stukkend nie, maar de dekodeer het foutief geraak en dis die volgende oggend vervang na kamer inspeksie. Die gordyne is doelbewus donker van kleur sodat die gaste ook in die dag kan slaap. Ek bly op die perseel en my sel nommer is in die kamers beskikbaar indien enige van die gaste probleme ondervind. Die twee mans het heerlik saam my die "replay" van die Springbok wedstryd sit en kyk in die restaurant. Groete daar.
Cecil P - Des 2018
Algehele gradering
Improvement needed in a lot of areas.
Lees meerVJ'S Guesthouse se terugvoer
Thank you for your feedback. Outside on the buildings, the numbers for the rooms are indicated as well as on the doors themselves. We will give attention to your request. We have an armed response and we have satellite TV cameras on the premises. All beds are covered with double bed protectors which keeps them from moving apart. We will be replacing the old television sets in the new year. Thank you
Helena E - Okt 2017
Algehele gradering
Gerieflik en netjies.
Deon B - Sep 2017
Algehele gradering
Vriendelike diens.
Hanneli Z - Des 2017
Algehele gradering
Nie regtig waarde vir geld.
Jacqueline B - Des 2017
Algehele gradering
Very basic, restaurant was closed and this was not mentioned when we booked. No fridge in room and the TV in the room is a joke.
VJ'S Guesthouse se terugvoer
Good afternoon,
The restaurant hours and closed days are on doors of the restaurant and reception, we were only closed over the Christmas weekend but there was a manager with staff on duty every day. The owner and the managers cell phone numbers are on the doors as well as in the rooms. No one phoned the manager to request breakfast which is what is required on public holidays and on Sundays.
Kind regards,
Samantha Lottering
Manager of VJ's Guesthouse
- Kapasiteit: 29 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Graaff-Reinetweg 32, Uitenhage, 6230, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang