Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vonkelwyn

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8ste Straat 243, Voëlklip, Hermanus, 7200 , Wes-Kaap
  • Vanaf R4 840 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Vonkelwyn is 'n ligte, wit en helder selfsorghuis in Voëlklip, Hermanus, net 'n hanetreetjie vanaf Grottostrand. Dié huis is ideaal vir 'n groter gesin of groep vriende en bied gerieflike verblyf by die see.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvol gemeubileerde slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is nog 'n badkamer op die eerste verdieping. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die moderne oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, lugbraaier, broodrooster, basiese eetgerei, breekware,, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die sitarea het sagte sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met Netflix waarvoor gaste hul eie intekenbesonderhede kan gebruik. Die aangrensende braai-area het 'n yskassie en 'n etenstafel met sitplek vir 10.

Die groot skuifdeure maak oop op 'n stoep met trappe wat na die Vonkelwynstoep met asemrowende uitsigte op die berge en oor die see lei.

Daar is 'n TV-area en 'n klein kombuisie op die pnderste verdieping. Gratis WiFi is beskikbaar en die huis het 'n rugsteunkragstelsel. Veilige parkeerplek vir 2 motors is op die perseel beskikbaar. Die verblyf het 'n alarmstelsel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 8ste Straat 243, Voëlklip, Hermanus, 7200 , Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 840
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 840
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8ste Straat 243, Voëlklip, Hermanus, 7200 , Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5bcc2ec22541bbb227f3f20ef830ad32ba745471348a3709cda37abd1978d64f19298b534844f3f3f04c7e8cdeff082742a8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 840 per nag (plek vir 8) 243 8th Street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.411495004322 19.291968737493

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang