Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Voorbegin Bosveldverblyf

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Courtney D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Clean. Peaceful. Relaxed. Well looked after. It is such a beautiful, peaceful place. We loved our stay. The hosts were so kind and made sure we were well looked after. We will definitely be going back!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karien P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2023

Welkome ontvlugting na die Bos. Daar is geen Wifi nie, ook nie TVs of ander skerms om jou in die huis te verstrik nie - wat 'n ongelooflik welkome verandering van ons daaglikse gejaag. Ek kon my dertienjarige tipies-tiener skei van stoel en skerm, en hy het die plaaslewe só geniet dat hy die 'games' geensins gemis het nie. Onthou jou stapskoene en verken die plaas na hartelus, en gaan spoel daarna die hitte af in die sprankelende swembad. Wilds- en boerbokke gaan vir jou kom groet, asook 'n paar pragtige Ngunis. Verder sal jy hoenders, eende, makoue en selfs kurpers raakloop. Laat die kinders help eiers uithaal; ek weet my seun het dit meer geniet as wat ek ooit kon voorspel het! Jy gaan bietjie grondpad moet ry om daar te kom, maar dit is absoluut die moeite werd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annalien K
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2024

Ons is goed ontvang, en het tuis gevoel met aankoms! Baie lekker! Ons het wel net een nag oorgebly, maar ons het dadelik tuis gevoel en kon moeitevry met die eienaar kommunikeer. Rustige plaasatmosfeer. Sal dit definitief aanbeveel vir 'n lekker rustige wegbreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Aug 2024

Het die natuur en rus baie geniet. Ons het lekker gebly en die rustigheid baie geniet.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Thinus N
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2022

Vriendelike ontvangs, baie veilig en lekker plaas atmosfeer met mooi natuur. Lekker plaas atmosfeer met mooi natuur. Baie plaas diere (beeste, skape, varke, hoenders), lekker swembad, gerieflike braai area en so paar wild om na te kyk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Russel D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Apr 2022

Die plek laat jou vergeet van die stad se gewoel. Ons familie het 'n heerlike tyd gehad. Dankie aan Henk en sy familie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gustav H
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Aug 2022

Skoon, stil, netjies en rustige plaas. Beste was die lamtjops van die plaas. Kinders het geniet om met fietse rond the ry en eiers uit te haal en in die sementplaasdam te swem.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Helma V
Kort verblyf
3.0
Mei 2022

Nie helemaal wat ek verwag het nie. Die foto's het vir my gelyk soos 'n huisie ver weg van almal in die bosveld. Die woonstel is egter vas aan die huis waarin mense bly. Dit was nie wat ek verwag het nie. Die foto's van die uitsig vanaf die stoepie wys ook nie dat die draad so naby (ongeveer 2m) die stoep is nie. Ons was teleurgestel dat ons nie in die oopte weg van almal was soos ons verwag het nie.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Henk
Voorbegin Bosveldverblyf
Ons is jammer dat u teleurgesteld is, aangesien ons graag ons gaste gelukkig wil sien. Ons is ook jammer dat u die volgende stukkie in ons beskrywing skynbaar nie raakgesien het nie: "Die ander losstaande eenheid, die Woonstel, is direk agter die hoofhuis geleë" en verder: "Belangstellendes wat na die foto's kyk moet asb seker maak dat dit pas by die kamers om verwarring te voorkom." Dit kon dalk verwarring voorkom het. Die erf is net om die woonstel geskik te maak vir mense om troeteldiere saam te bring, maar verder is die hele plaas oop vir gaste om te beweeg. Inmiddels het ons die braaiplek teen die heining verskuif na die stoep, sodat selfs in die reën lekker gebraai kan word. Die stoep is geteël, word tans geverf, ons wag vir die reeds bestelde oprol seile waarmee nog verder skuiling teen wind en weer gebied kan word, en 'n deeglike sitkamerstel is bekom sodat die stoep meer van 'n opelug sitkamer gaan wees. Sodra alles voltooi is, sal ons foto's plaas, en ons vertrou om ons gaste se gerief daardeur te verbeter. U is welkom om na die verbeterings te kom kyk.

Barbara V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2021

Baie rustige atmosfeer. Netjies en skoon akkommodasie. Vriendelike ontvangs. Ons het baie lekker gekuier. Kon bietjie stap met my hondjie, heerlik op die stoep gekuier en was baie dankbaar dat ons vir die omgewing reën gebring het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Corrie U
1 nag Besigheidsreis
5.0
Sep 2021

Hou daarvan. Ons kon ongelukkig nie die oorslaap doen nie. Die konferensie wat ons sou by woon is gekanseleer. Sal beslis dit in November doen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Henk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R600
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA771c1f9c4e3b956118bf26f7b81ff5c67ff7753f6f4aa333171e84879aecb6687595b46e0220106a68af0a1b69886045059c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 5) 60 5 1 5 54 Raasblaar Road Droogekloof 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.852073217758 28.112129420042

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang