Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Voorbegin Bosveldverblyf

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Voorbegin Bosveldverblyf bied verblyf op 'n plaas minder as 'n halfuur se ry vanaf Warmbad/Bela-Bela, 25 km vanaf Thabazimbi en skuil in die skadu van die pragtige Waterberge.

Verblyf word in twee eenhede aangebied, naamlik 'n woonstel en 'n chalet.

Die woonstel is direk agter die hoofhuis, maar het 'n privaat ingang na 'n privaat, troeteldiervriendelike erf. Die woonstel bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die chalet is 'n losstaande eenheid met slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n dubbelbed in die sitarea. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Let asb. daarop dat daar geen TV of WiFi is nie.

Daar is 'n swembad by die eienaars se huis wat tot alle gaste se beskikking is, asook 'n plaasdam waarin gaste kan swem as hulle nie bang is vir kurpers nie. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is visse in die plaasdam en visvang word toegelaat op 'n vang-en-vrylaat-basis.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Bosveldhout is by die braai-area beskikbaar, maar gaste sal hul eie hout moet voorsien sodra dit opgebruik is. Indien tuisgebakte beskuit beskikbaar is, sal dit ook voorsien word.

Kinders het die geleentheid om meer oor die plaaslewe te leer aangesien daar 'n verskeidenheid bokke en plaasdiere is. Kinders kan selfs help om eiers bymekaar te maak.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Adventures with Elephants, Zebula Gholfbaan, Bambelela Wildlife Care, Thaba Pitsi Natuurreservaat, Waterberg Zipline Adventures en Mabalingwe Natuurreservaat in. Daar is ook 'n staproete in die Waterberg, ongeveer 2 km van Voorbegin af.

Vars plaasprodukte soos plaaseiers, lamsvleis, Europese bosvarktjops, hoender in verskillende porsies, kaasworsies, wildswors, beesvleis, verskillende soorte boerewors, biltong en droëwors is te koop. Alhoewel daar 'n plaaswinkel 3 km vanaf die verbllyf is, sal ys en hardehout vir die braai op die perseel beskikbaar wees.

Verder maak die verblyf van sonkrag gebruik en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Courtney D
Gesin met klein kinders
5.0
Clean. Peaceful. Relaxed. Well looked after. It is such a beautiful, peaceful place. We loved our stay. The hosts were so kind and made...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Karien P
Gesin met tieners
5.0
Welkome ontvlugting na die Bos. Daar is geen Wifi nie, ook nie TVs of ander skerms om jou in die huis te verstrik nie - wat 'n ongelooflik welkome ver...
Sien meer
Mrt 2023
Annalien K
Saam met lewensmaat
4.8
Ons is goed ontvang, en het tuis gevoel met aankoms! Baie lekker! Ons het wel net een nag oorgebly, maar ons het dadelik tuis gevoel en kon moeitevry ...
Sien meer
Mei 2024
Gerhard H
Gesin met klein kinders
4.2
Rustige Bosveld ervaring. Skoon en netjies. Hope sekelbos was ingesluit in prys en het dae lank gehou. Skape en wildsbokke sommer naby die voorstoep e...
Sien meer
Sep 2024
Francois L
Saam met lewensmaat
4.2
Het die natuur en rus baie geniet. Ons het lekker gebly en die rustigheid baie geniet.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Henk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Voorbegin Bosveldverblyf het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA771c1f9c4e3b956118bf26f7b81ff5c67ff7753f6f4aa333171e84879aecb6687595b46e0220106a68af0a1b69886045059c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 5) 61 5 1 5 54 Raasblaar Road Droogekloof 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.852073217758 28.112129420042

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang