Walviskus
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cliff-straat 93, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ligging - volledig seefront
Walviskus is in De Kelders en bied gehalteverblyf aan maksimum 6 mense.
Dit is sowat 35 minute vanaf Hermanus en 10 minute vanaf die naaste winkelsentrum (kruideniers).
Die seefront-eenheid se stoep en hoofslaapkamer het 'n ononderbroke uitsig oor die see en dit is ideaal vir walviskyk. Gaste kan selfs walvisse kyk vanaf die stoep, terwyl
hul braai.
Daar is 'n veilige (omheinde) grasperk direk voor die eenheid - ideaal vir gesinne met kleiner kinders.
Dié grondverdieping-eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied (ideaal) slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders.
Daar is een stel trappe wat vanaf die parkeerarea na hierdie eenheid op die grondverdieping lei. Die hoofslaapkamer met 'n see-uitsig het 'n dakwaaier, dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 srandaardgrootte enkelbeddens.
Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gasstoof, en oond, volgrootte yskas-vrieskas, konveksie-oond, mikrogolf, aparte tee- en koffiemaakgeriewe, 'n tweede klein yskassie, skottelgoedwasser, breekware en eetgerei toegerus.
Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien en kleredroër, droograk.
Die leefarea het 2 gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met YouTube. Gaste kan hul eie intekenbesonderhede vir DStv en Netflix gebruik. Naas die tafel net sitplek vir 6 mense op due stoep is daar ook 'n binne-eetarea meit tafel vir 6 mense.
WiFi is beskikbaar.
Elke slaapkamer het 2 beurtkragligte wat te alle tye ingeprop moet bly. 'n Noodlig is op die yskasdeur en daar is 'n ekstra batterylig by die koffiestasie beskikbaar.
Twee fietse, speelkaarte, legkaarte, bordspeletjies en 'n hangmat (vir die stoep) is beskikbaar vir gaste om te gebruik.
TWEE beai-opsies:
'n Weber-gasbraaier en
Weber-briketbraaier is beskikbaar.
Geen houtvure word by die kompleks toegelaat nie.
Veilige parkeerplek is agter die perseel beskikbaar. Troeteldiere word nie by die kompleks toegelaat nie.
Die area bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en aktiwiteite, insluitend voetslaan, snorkel, Walkerbaai Natuurreservaat, 4x4-roetes, haaihokduik in Gansbaai, strande in die area en verskeie grotte.
Daar is baie wynplase en brouerye binne 20 km van De Kelders.
Talle (koffietafel-)boeke oor die area is in die eenheid beskikbaar.
Sodra gaste bespreek het, sal hulle 'n volledige aktiwiteitslys van die eienaar se aanbevole aktiwiteite (restaurante, wynplase, wandelpaaie, 4x4-roetes, ens.) in dié area van De Kelders per WhatsApp ontvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gerrit Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Cliff-straat 93, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Walviskus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cliff-straat 93, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang