Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterfront Village

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
3.5
Veiligheid
5.0
Juani D
1 nag Saam met vriende
3.2
Jun 2022

Uitstekende ligging, akkommodasie kort bietjie versorging/opgradering. Die intekenproses was baie tydrowend. Daar is van my ook verwag met aankoms om nog geld te betaal, nadat ek reeds die volle bedrag betaal het met bespreking. Die ligging was uitstekend, maar die eenheid self het bietjie werk nodig. Die stort in die 2de badkamer se stortkop was stukkend en kon nie gebruik word nie. Die kussings op die stoepmeubels is vol gate. WiFi is ingesluit, maar het 23:00 die aand ophou werk en het nooit weer die volgende dag aangegaan nie. Die hysbak het 'n baie onaangename reuk ingehad. Die slaapkamers en beddens was wel van 'n goeie gehalte.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Luanne S
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2021

As Covid19 jou beperk om oorsee te reis is hierdie plek jou plekkie oor die water in jou eie land. Woorde kan nie die ervaring beskryf nie. Dit is 'n stukkie hemel op aarde. Jou gees en liggaam voel verkwik na jou verblyf in hierdie stukkie goud in 'n besige lewe waarin ons lewe. Moenie nog twyfel om hier te bly nie. Dit is oor en oor die moeite werd.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Robert V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2019

Location location location. Juliette 507 was absolutely amazing. We had an incredible evening and the afternoon was spent @Maresol for an early brunch. The location is perfect if you want to spend time at the Waterfront. The bird life is flamboyant and you wake up to their chatter. The food market is also amazing so do pop in there. We had a lovely stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendri K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Sep 2019

Ons het gegaan om te ontspan en dit is wat gebeur het. Die eenheid was baie skoon en stil. Daar was baie om te doen so naby die waterfront. Alles wat jy nodig het om 'n 3 jarige mee besig te hou. Sal beslis weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Launce M
1 nag Besigheidsreis
4.6
Nov 2019

Stunning place, booking in procedure far from slick. At times you don't even know if the person is speaking to you. Once in it was great and really good value for money.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annelize C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Okt 2019

Pragtig en uniek. Waterfront Village is 'n pragtige eiendom met 'n fantastiese uitsig oor die stad, waterfront en sy kanale. Gerieflik geleë naby alle attraksies en strande. Ek sal dit beslis vir enige paartjie of gesin aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan B
Kort verblyf Saam met vriende
4.2
Mei 2019

Waarde vir geld! Dit was uiters problematies en teleurstellend dat een van die kamers nie 2 enkelbeddens bevat het soos aangedui nie. Die 45 min wag met registrasie was ook uiters frustrerend.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Johan K
1 nag Saam met vriende
4.0
Des 2019

Personeel is nie hulpvaardig nie. Te hoog geprys, klomp straatgeraas, ligging is goed as jy van toeristeaantreklikhede hou.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Chris B
1 nag Gesin met klein kinders
3.4
Des 2019

So mooi plek, maar word soos Fort Knox bestuur. Kan nie weer deur die administrasie rondgestuur en opgehou word nie. Wees maar gereed vir 'n twee en 'n half uur inboekproses, mits hulle 'n portier beskikbaar het 900 m weg van ontvangs.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Werner V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.6
Des 2019

Teleurstellend en nie die geld werd nie. Kort na ons aankoms by ontvangs, het die man agter die toonbank vir ons gesê dat ons verseker by die verkeerde plek was. ‘n Tydjie later en nadat ons eers die bewyse van bespreking gesoek en opgespoor het, sê hy toe dat dit net ‘n grappie was en dat hy dadelik ons van op sy stelsel gesien het. Hy vra toe of ons van die Kaap is en ek antwoord toe deur om te sê dat ons nie is nie. Hy vra toe vir my waarom ek dit vir hom met so ‘n houding sê. Ek was absoluut verbaas en was toe reeds lus om na ander verblyf te gaan soek. Nadat ons ingeboek het, is daar vir ons gesê dat ons in ons voertuig, wat reeds vol was en nie spasie vir ‘n muis gehad het nie, moes plek maak vir een van die lede van hulle personeel. Die persoon ry toe saam met ons om vir ons te gaan wys waar ons die voertuig moet parkeer, asook waar ons kamer geleë is. Daar aangekom, laat die persoon ons eers op ‘n verkeerde parkering parkeer en vra ons toe ‘n paar minute later, om na ‘n ander parkering te skuif. Die sleutels wat hy by hom het maak toe ook nie die deure oop nie en hy sê toe dat ontvangs vir hom die verkeerde sleutels gegee het en dat ons daar vir hom moet staan en wag. Moeg en moedeloos, kry ons uiteindelik, ongeveer twee ure na ons aankoms by ontvangs, toegang tot ons kamer. Met eerste oog op slag bevind ons die kamer as onder standaard. Die kamer is eerstens nie baie skoon nie en ook nie baie netjies nie. Blindings voor die skuifdeure wat na die stoepie lei, hang halfpad oopgetrek en skeef en die yskas staan nog vol ou kos en drinkgoed van die vorige gaste wat in die kamer tuisgegaan het. ‘n Bedlampie werk nie en toe ons die aand wou stort, ontdek ons dat die stort se drein verstop is. Die laaste oggend om 07:00, skakel ons ontvangs en vra ons dat hulle asseblief vir ons melk vir ons koffie moet stuur. Eers 09:00, toe ons reeds op pad was om te vertrek, kom die persoon met die melk daar aan. Teen R5260.00 per nag vir ‘n eenslaapkamereenheid, het ons meer verwag en was hierdie ‘n reuse teleurstelling.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Shiraaz Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 84

Op LekkeSlaap 13 jaar

Vanaf
Vanaf R3 862
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R3 862
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mind Pearl House, West Quay-weg, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRhNGI0NTMwLWNkNjAtNDAyMy1hNTQ1LTcxMDc5ODBlZTgzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 862 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 Mind Pearl House West Quay Road, V & A Waterfront 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 11:00 -33.911080490939 18.421776294708

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang