Weltevrede Lodge
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sparrow-weg 598, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Weltevrede Lodge bied 'n rustige toevlugsoord in die ongerepte bos-omgewing van Marlothpark, 'n vakansiedorp in 'n wildbewarea op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Dit is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, wat 'n kans bied om die bekende Groot Vyf te sien.
Verblyf word gebied in 2 ruim selfsorgeenhede langs mekaar.
Four Seasons Huis het 4 en suite-kamers en elke badkamer het 'n stort. Die huis bied slaapplek aan 8 tot 10 gaste. Twee van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die ander twee slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 enkelslaapbanke op die tussenvloer. Die huis het n 'smart' televisie stel, gaste kan hul eie logins gebruik vir Netflix ens.
Big Five beskik oor 3 slaapkamers en is rollstoel vriendelik. Die slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 slaapkamers op die boonste verdieping, elk met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Hierdie kamers is ideaal vir gesinne. Die huis het 'n rolstoelvriendelik badkamer, (stort) en 'n tweede badkamer met 'n groot bad op die grondverdieping. Die badkamer op die boonste verdieping het slegs 'n toilet. Die huis is ideaal vir 10 gaste en ekstra matrasse kan gereël word op versoek.
Elke eenheid het sy eie plonspoel en 'n braai-area, 'n kombuisie met 'n yskas, gasstoof en oond, mikrogolf en diepvrieskas. Albei huise het gasgeisers. Daar is waaiers in al die kamers en gratis WiFi is beskikbaar. Die huise is kindervriendelik, met bababedjies en bababaddens op versoek. Daar is ook 'n klein speelarea met swaaie en sandput in die tuin.
Ekstra geriewe sluit gratis skoongemaak van braaigeriewe en plonspoel Maandag tot Saterdae. Lugversorging geriewe is besikbaar met voorafbetaalde krag 'tokens', wat op die perseel beskikbaar is. Volle DSTV pakket is besbikbaar op aanvraag. 'n Daaglikse skoonmaakdiens vir skottelgoedwas ens asook n klerewas diens, kan gereël word teen ekstra koste.
Potjie potte en toeknyp roosters is gratis beskikbaar op aanvraag.
Braai hout, 'firelighters', charcoal, briquettes en ys is te koop op die perseel.
Aktiwiteite in die area sluit wildritte, wildkyk, voëlkyk, voetslaan routes in. Daar is ook quad bikes, go carts, mini golf, supa tubes ens in en om Marloth Park.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Elaine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Sparrow-weg 598, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Weltevrede Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sparrow-weg 598, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang