Whaleback Selfsorg Midde-dorp
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jan 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Nathaniel Maxuilili-straat 18, Swakopmund, 0000, Erongo
-
Vanaf
R2 295R2 066 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Whaleback Selfsorg Midde-dorp is 'n gerieflike selfsorgwoonstel vir 3 in Swakopmund.
Die dubbelverdiepingwoonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 2 driekwartbeddens en 'n plafonwaaier. Die slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n enkelbed. Linne en handdoeke word voorsien en daar is 'n losstaande waaier.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n TV met DStv en WiFi is beskikbaar.
Die woonstel bied toegang tot 'n braai-area buite en die eenheid word 1 keer 'n week skoongemaak. Ekstra skoonmaakdienste is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die woonstel het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Veilige parkeerplek is by die Katolieke Kerk oorkant die pad beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit.
Whaleback Selfsorg Midde-dorp is 700 m vanaf die strand, die Swakopmund Museum en verskeie restaurante. Swakopmund bied verskeie doendinge, soos duin-, fiets- en vierwielmotorfietsroetes, sandplankry, kajakvaarte, visvang, perdry en vele meer. Gaste kan ook die Nasionale Mariene-akwarium en die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Sonne Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 16
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Nathaniel Maxuilili-straat 18, Swakopmund, 0000, Erongo
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Nathaniel Maxuilili-straat 18, Swakopmund, 0000, Erongo