Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Wild Fig Guest House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Vos-straat 5, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Wild Fig Guest House is 'n baie besonderse gastehuisie in die besonderse dorpie Kleinmond in die Wes-Kaap. Die pragtige natuurskoon, verskeie besienswaardighede, plattelandse atmosfeer, nabyheid aan die Kaapstad Internasionale Lughawe en heerlike matige klimaat maak Kleinmond voorwaar 'n spesiale plek.

Kleinmond het sy eie klein hawe vir vissersbote en heelwat winkels en eetplekke het onlangs oopgemaak. Dis hiér waar dinge gebeur en waar vakansiegangers 'n hele rits doendinge tydens vakansies kom geniet.

The Wild Fig Guest House is in 'n rustige straat, net een blok vanaf Harbour-weg geleë. Dit bestaan uit 2 eenhede met slaapplek vir altesaam 6 volwassenes en miskien 2 kindertjies.

Ons is net sowat 2 minute se stap na waar die branders teen die rotse breek, óf jy kan 15 minute op 'n plankpaadjie stap na Palmietstrand en die riviermonding van 'n lieflike strandmeer waar jy kan swem of kano vaar. Stroomop is daar selfs piekniekplekke en heerlike diep swemplekke. Jy kan ook 'n fiets huur om die area te verken.

Ons is sowat 5 minute se ry vanaf ons beroemde Blouvlagstrand aan die ander kant van Kleinmond waar daar ook 'n strandmeer is. Hier kan jy kano's huur, op die Botrivier gaan roei en uitkyk vir wilde perde.

Die eienaars, Frank en Mariette Eagar, is albei afgetrede onderwysers en het hulle daartoe verbind om gehalte, bekostigbare verblyf aan vakansiegangers te bied.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Tonie G
Gesin met tieners
5.0
Ons het baie lekker gebly. Plek was mooi skoon en die geriewe goed.
Jan 2023
Liesbet K
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Sien sterre.
Jan 2023
Carien B
Saam met vriende
4.8
Gerieflik, netjies en veilig. Ons het baie lekker gebly. Was baie netjies. En die eienaar is baie behulpsaam. Loop afstand van eetplekke en ons twee h...
Sien meer
Mrt 2024
Bertus B
Saam met lewensmaat
4.6
Awesome. Was awesome, goeie diens, lekker plek.
Feb 2023
Martha B
4.0
Baie rustige omgewing. Die weer het net nie saamgespeel nie. Ek het baie lekker gekuier. Ek het nie loadshedding gehad nie, want daar was altyd lig be...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Lise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • De Vos-straat 5, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Wild Fig Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Vos-straat 5, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzMTViYThlLTE3YzUtNDQyOC05MDNiLWYwY2ZlZTczMWViMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 5 De Vos Street Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.344432642366 19.011454582214

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang