+39
Selfsorg in Vrystaat

Wilger Rivier Huisies

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
3.8
Wayne S
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2025

Ons het baie lekker gekuier, en sal weer daar kom bly. Daar was alles wat jy no. Ons het baie lekker gekuier, en sal weer daar kom bly. Daar was alles wat jy nodig het, en die plek is baie uniek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Barbara S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2025

'n 'Off-the-beaten-track' plek en 'n goeie mengsel van luuks en kamp. Ons het baie lekker gebly. Die 'huisie' is netjies en goed uitgerus - ons het alles gehad wat ons benodig het. Die dekor is keurig gedoen en ons het dadelik welkom gevoel. Die hoofslaapkamer het 'n kaggel en albei slaapkamers het elektriese komberse op die beddens. Ons was dankbaar hiervoor, want dit was baie koud in die aande, aangesien ons daar was einde Junie. Die skoonheid van die natuur en kabbelende rivier was kos vir die siel. Al was die pad daarnatoe sleg in party plekke, was dit definitief die moeite werd. Ons sal definitief weer hier bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reon
Wilger Rivier Huisies
Hi Barbara, Ons waardeer jou resensie. Baie dankie. Hoop ons sien julle gou weer. Vriendelike groete, Wilger Retreat-span

Nicola R
1 nag Saam met vriende
4.6
Sep 2025

Baie mooi en rustig. Die huisie is baie goed ingerig en ons het lekker daar gebly. Ek voel die pad soontoe kan bietjie beter instandgehou word al is daar gesê jy moet met 'n 4x4 kom. Dit is nie lekker om so te skud nie en dit is 'n hele entjie se ry op die plaas. Verder het ons dit baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Reon
Wilger Rivier Huisies
Hi Nicola, Baie dankie vir die resensie. Ons probeer die plaas padjie in stand hou. Die reën is soms net te veel en op mekaar en soms ry die vragmotors die padjie so sleg. Maar ons maak planne so ver ons kan om die pad in stand te hou. Hoop julle kom kuier gou weer. Vriendelike groete, Wilger Retreat-span

Judy V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.2
Okt 2025

Teleurstellend. Nee, ongelukkig nie. Teenstrydig met die 'Reviews' gepubliseer op jul webblad, het ons ondervinding van Wilger Rivier Huisies nie daarmee gestrook nie. Die plek was vuil en kort instandhouding. Dit word geadverteer dat dit 12 mense slaap, maar daar is slegs 2 dubbelbeddens en twee sleeper couches. Gelukkig was ons net 2 persone. Dit word geadverteer dat dit 'n hot tub bevat - die enigste tub daar is die bad in die badkamer. Glad nie 'n goeie ondervinding vir R 2,400 per nag nie.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0
Reon
Wilger Rivier Huisies
Hi Judy, Ons is opreg jammer om te hoor van julle ervaring. Dit is vir ons baie belangrik dat al ons gaste hul tyd by ons geniet, en ons neem julle terugvoer ernstig op. Ons het intussen met ons skoonmaakspan gesels en seker gemaak dat alles konsekwent volgens ’n hoë standaard skoongemaak word. Ons vra opreg verskoning indien dit nie tydens julle verblyf die geval was nie. Rakende die aantal gaste: die kapasiteit van 12 sluit die karavaan in. Die karavaan word slegs nader geskuif wanneer daar meer as 8 gaste bespreek is, en dit word vooraf gekommunikeer. Om enige verdere misverstand te voorkom, het ons die maksimum aantal gaste aangepas na 8. Ons het ook die inligting oor die “hot tub” reggestel, aangesien daar nie meer ’n tradisionele hot tub beskikbaar is nie. Ons wil graag die geleentheid hê om dit reg te stel en bied met graagte ’n afslag op ’n volgende bespreking aan, of moontlik ’n gratis wegbreek. Laat weet gerus wat vir julle sal werk. Baie dankie vir julle terugvoer en ons hoop om julle weer te kan verwelkom. Vriendelike groete, Wilger Retreat-span

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Reon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf R1 400
50 % AF
R 1 400 R 700
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 400
50 % AF
R 1 400 R 700
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 400
50 % AF
R 1 400 R 700
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Plaas Geluk, Roadside, Vrede, 0009, Vrystaat

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ac187f108a17cb560a128834c70d6698565e75c9e874c3cc2597641feb5967dacc70077ded289da3bfaefc8c22c6d36e072?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400 nouVanaf R700 per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 Plaas Geluk Roadside 0009 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.638972 28.733236
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang