Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Yellowwood Forest Camping and Accommodation

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 173 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Link-weg 661, Morganbaai, 5292, Oos-Kaap
  • Vanaf R200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Yellowwood Forest Camping and Accommodation verwelkom natuurliefhebbers, gesinne en groepe. Dié unieke omgewingsingestelde toevlug is bekend vir sy warm gasvryheid. Geniet 'n Wildekus-verwelkoming net 1,5 km van die strand af met maklike kustoegang via paadjies deur die woud.

Die kampeerarea en selfsorghuisies is geskik vir alle begrotings en reisvoorkeure. Daar is 'n gemeenskaplike ablusieblok met storte, toilette, 'n bad en wasbakke.

Die teetuin-restaurant, pizzeria en kroeg bedien fantastiese kos, koffie en houtvuuroond-pizza's. Al drie is oop op 'n daaglikse basis. Daar is ook 'n geskenkwinkel met DStv en WiFi. Elke Saterdag is markdag en hier kan gaste dan vars groente, organiese eiers, tuisgebak en plaaslike kunsvlyt koop.

Die jongspan sal mal wees oor die speelplek met 'n boomhuis, 'n trampolien en glyplanke. Die rivier het 'n klein, natuurlike swemgat met hoë rotse vanwaar gaste kan spring en daar is staproetes in die woud wat verken kan word. Gxarha (Morganbaai) se dam is lekker naby en is ideaal vir baarshengel, swem en kanovaart.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Baie goed

Netheid
3.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Ant S
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful. We loved our stay. The cob cottage and the surrounding forest is beautiful!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Leigh M
Saam met lewensmaat
5.0
Kampeer in 'n inheemse geelhout woud, by die mooiste ongerepte strand, Morganbaai. Al weer 'n great tyd gehad.
Jan 2024
Jannie R
Saam met vriende
5.0
We camped for 2 days in a tent. Short stay but very nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Rozanne S
Saam met vriende
5.0
Stapgroep van Kei mond na Cintsa. Ons het baie lekker gebly. Baie vriendelike diens. Plek was skoon en netjies. Ons was 'n groot oornag groep en ons h...
Sien meer
Nov 2023
Sune L
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie netjies en skoon. Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Die amblusie-blokke is mooi skoon en altyd netjies. Genoeg warm water v...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Elizabeth Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Link-weg 661, Morganbaai, 5292, Oos-Kaap
  • Gaste dink Yellowwood Forest Camping and Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 173 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Link-weg 661, Morganbaai, 5292, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyYmUxZjdkLWJmM2QtNDUwYi05MWRiLWM4NzFjZmY3MzQzNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R200 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 661 Link Road Morgan's Bay 5292 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -32.696852 28.333834

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang