Verified Reviews
Amanzimtoti
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Amanzimtoti
Rated 4.5 out of 5 based on 980 reviews.
"Amanzimtoti is wonderlik. Maak net seker van die verblyf daar voor jy bespreek."
"Lekker swemstrand! Restaurante, inkopies, vermaak en strand is alles binne loopafstand. "
"Amanzimtoti is baie kindervriendelik en het altyd lekker weer, selfs al reën dit. Is naby Ushaka en 'n lughawe. My gunsteling vakansiebestemming!"
"Nie 'n groot verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede in Amanzimtoti nie. Het wel fantastiese strande. "
"Amanzimtoti is soos enige plek in Suid-Afrika met uitdagings te doen. Van die Munisipaliteit se dienslewering tot die man in die straat. Bo alles was ons verras op die netheid van die strande. Netheid in die algemeen is belangrik vir toeriste. Geen rommel in strate en algehele netheid sal die toerisme in 'n dorp verbeter. Ek moedig almal aan in Amanzimtoti om altyd te sorg dat die dorp skoon is van papiere en blikke. 'n Netjiese dorp skep die gevoel van veilige omgewing. Amanzimtoti is 'n bestemming met baie potensiaal. Ons sal weer daarheen kom."
"Dis 'n lekker plek, sentraal geleë. Daar is 'n groot inkopiesentrum waar jy alles kan kry naby. "
"Mal oor Amanzimtoti, bekostigbaar, Afrikaans, baie om te doen en naby aan Durban. "
"Gizelle koffiehuis is 'n moet. Bekostigbaar en goeie diens."
"Lekker sentraal, veilige strand met lewensredders. Strand bietjie vuil met gemors."
"Alles vir toeriste en vakansiegangers denkbaar. Moenie gaan sonder 'n GPS nie, anders mis jy te veel. Weer soms onvoorspelbaar, maar dis KZN. Soveel ander dinge om te doen en te sien. Alles is naby. Uiters geskik vir mense met klein kindertjies of soos ons met volwasse kinders. Tonne vermaak vir almal."