Verified Reviews
Betty's Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Betty's Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 556 reviews.
"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
"Ons besoek aan die Kaap was 'n eerste en Bettysbaai was ideaal geleë om baie verskillende plekke te besoek en dis nie te ver om te ry nie. Rustige, stil dorp en vir iemand wat moeg is vir die stadslewe en rustig wil raak in jouself is die dorpie ideaal. Netjies en skoon."
"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
"Bettysbaai is my gunsteling dorp vir die feit dat strate on-geteer is, daar min winkels is en geen straatligte nie. Die see aan die een kant en die pragtige berge aan die ander. Die beste van beide wêrelde as jy n buitelig-mens is!"
"Harold Porter Botaniese Tuine is 'n hoogtepunt. Die pikkewyne is baie oulik."
"Awesome, peaceful, quiet, yet so much to see and do for everyone. The penguin colony, hikes, vegetation (proteas in full bloom). Pristine beaches. There is a wonderful gentleman and his dear wife that make Belgium chocolates. Really genuine chocolate (for the person who truly appreciates the art of chocolate making and savours the real deal.) "
"We like it as we have stayed here often with friends and family in their houses."
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."
"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"Bettiesbaai en die omgewing is baie mooi. Die pikkewyne en Harold Porter Botaniese Tuine is net van die lekker goed om te gaan sien daar. Kleinmond is 10 km van Bettiesbaai, asook Pringlebaai. So daar is klomp klein dorpies naby genoeg om te besoek ook."
"Baie uitgestrek en meeste plekke is ver van 'n swemstrand. Mooi natuurskoon. "