Verified Reviews
Bojanala
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bojanala
Rated 4.2 out of 5 based on 1234 reviews.
"Dit was jammer dat meeste plekkies in die omgewing toe was op 'n Maandag/Dinsdag."
"Rustenburg self definitief 'n besigheid- en mynmetropool en nie soseer 'n toerisme stad nie, buite Rustenburg wel toerismefasiliteite."
"Daar is sommer 'n lekker klomp plekke waar jy kan kamp, kuier en ontspan! Ook nie te ver van die huis af nie."
"Ons sal vir seker weer by Basil's Boma gaan kuier. Dis 'n baie rustige plekkie met alles wat jy voor kon vra om te rus en nogsteeds gemaklik te bly. Die eienaars is baie vriendeluk en behulpsaam. Altyd bereid om te help en vir seker waarde vir geld."
"Netjiese dorp. Die strate was net baie donker in die aand met meeste van die straatligte uit."
"We visited the Kgaswane Nature Reserve during our stay. Although we enjoyed the day in the reserve, where we did a well-marked hike, and enjoyed the drive, we were exceptionally dissapointed with the administration ane upkeep of the reserve. There were no reserve maps given out upon entering, also the information centre at the camping site was in major disrepair."
"Die paaie is vol slaggate. Die besigheidsgebied waardeur ons gery het was verlate en vuil . Jammer die munisipaliteit hou niks instand nie."
"Wat 'n pragtige omgewing! Net so hane-tree buite Johannesburg! Sal verseker meer van hierdie omgewing wil sien."
"Rustenburg gee meer die indruk van 'n besigheidsbestemming as toerisme, behalwe vir die Buffelspoort-vakansieoord in die omgewing."
"Die paaie is erg en sekere dele stadig en 'n uitdaging. Kan beslis nie in die donker daar ry nie."
"Skeerpoort is nou vir jou 'n lieflike plek. Besoek gerus Van Gaalen vir 'n stap en ontbyt."
"Baie lekker eet- en kuierplekke in die omgewing, met die mooi uitsig van die Magaliesberge. Paaie is redelik goed, moet net oppas vir ongemerkte spoedhobbels."