Verified Reviews
Calvinia
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Calvinia
Rated 4.2 out of 5 based on 554 reviews.
"Die dorpie is baie skoon, netjies en veilig. Ek was beïndruk met die SAPD wat snags patrollie doen."
"Pragtige, skoon dorpie wat enige toeris kan verwelkom. Gelukwense aan die dorpsbestuur."
"Dit is een van die rustigste dorpies waar ons al ooit was. Dit was heerlik om deur die dorpie te stap en al die oudhede te sien."
"Calvinia gaan 'n rukkie vat om heeltemal as 'n toeris te ontdek en leer ken. Sien daarna uit om weer terug te keer."
"Nieuwoudtville is 'n uitstekende plek om blomme te kyk en dis net 70 km weg."
"Tipes Hantamwêreld, maar die skaapvleis is uitermatig duur, kan dit nie verstaan nie."
"Ons het 'n baie interessante besoek afgelê by die museum. Lekker tyd spandeer by die Akkerendam natuurreservaat, asook die eerste veldblomme geniet. Heerlike bord kos geniet by die Calvinia Hotel se restaurant. Ook besoek afgelê by ander attraksies soos die groot rooi posbus. Die dorp het bekende supermarkte wat in al ons behoeftes voorsien het. Dis ons eerste besoek aan die dorp, maar die mense het gegroet en gewaai asof ons deel van die inwoners is. Ons is gewoond aan taxi's wat die verkeer oorneem. Dit was lekker om van dit weg te kom en die rustigheid van Calvinia te geniet."
"Netjiese skoon dorp met interessante geskiedenis en pragtige behoue argitektuur, en dit alles teen 'n agtergrond van die mooiste Hantamberge."
"Ons het so 'n bietjie rongery en die groot blomposbus afgeneem. Was ook by die Hantamhuis, maar daar was nie tyd om ander besienswaardighede te besoek nie."
"Interessante geskiedenis en geboue, en die Hantamhuis en die massiewe posbus is die moeite werd om te sien. Die museum met die ou lokomotief was ook baie interessant om te besoek. "
"Calvinia omgewing is pragtig, selfs in droeë tyd. Fantastiese mense en karakters wie almal baie vriendelik is. Daar kan baie gedoen word om dit vir toeriste aantreklik te maak, het selfs al Vleisfeeste bygewoon en heerlik gekuier en geëet. "