Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Die pragtige bergreeks het sy eie bekoring en die sterrehemel snags was asemrowend mooi!"
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Laingsburg self bied nie veel nie, maar is 'n tipiese Karoodorpie. Vir iemand wat hou van Karoo is dit ideaal, want die omgewing bied baie onverwagte wonders."
"Swartberg Hotel se beesstert is innig lekker. Probeer gerus Karookombuis vir 'n lekker kuier met die eienaars. Ry uit na die Gamkapoortdam."
"Daar is baie besienswaardighede en interessante mense. 'n Besoek aan SALT, sterrekyk saam met oom Jurg en die beste lamskenkel ooit by Cluster d'hote. "
"Behalwe vir die museum en borde wat die vloed vlakke van die tragiese vloed aandui is daar nie veel te sien nie. Die rustige klein dorpie en unieke Karoo skoonheid maak egter daarvoor op. Restaurante en wegneem ete plekke verskaf 'n lafenis na die lang rite deur die Karoo."
"Sal definitief weer daar gaan bly, selfs al is dit net vir 'n naweek se wegkom van stad af."
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."
"Absoluut die mooiste, skoonste, vriendelikste dorpie, ons het almal ons harte daar verloor, het net te min tyd gehad maar sal volgende keer langer bly verseker."
"Die sterrekyk was uiters teleurstellend. Nadat ons vroegtydig bespreek het was ons 'n groep van byna 100 mense wat die 6 of 7 teleskope moes deel. 16 in ons groep."
"Sutherland is n oase vir 'n stadsmens wat wil gaan rustig raak. Onthou dis grondpad."
"Sutherland is pragtig! Sal beslis weer daar aandoen aangesien dit bewolk was en ons geen sterre kon sien nie."