Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Ek het nie verwag dat Kaapstad so skoon en vriendelike plek sou wees nie. Ek iss meer verbaas oor hoe alles werk en dat die paaie nie vol gate is soos in Johannesburg nie. Sal definitief terug wees, maar op ’n motorfiets om die Kaap te toer."
"Kaapstad is altyd 'n heerlike vakansiebestemming met tonne goed om te doen. Veral perfek vir 'n familiewegbreek."
"Daar is vir seker 'n rede waarom Kaapstad jaar op jaar as die beste stad in die wêreld aangewys word. So 'n groot verskeidenheid beeldskone bestemmings so naby geleë aanmekaar, daar is nooit 'n tekorkomming aan aktiwiteite of besienswaardighede nie!"
"Doen gereeld 'n wegbreek-naweek en sal Kaapstad aanbeveel vir lekker eet en besienswaardighede."
"Cape Town is an amazing place, so much things to do and places to go to. Amazing houses close to beaches with views out of this world."
"Kaapstad bly maar net 'n asemrowende plek. Tafelberg is sigbaar maak nie saak waar in die Kaap jy beweeg nie. Beslis een van my gunstelingplekke in die land. En om die Rooibus-toere te doen 'n deur en deur wenner, waarde vir geld."
"Geweldig baie om te doen in Kaapstad, strande, stap in Tafelberg Natuur Reservaat, Silvermine, naby wynplase."
"Ek dink Blouberg is perfek en ook die Kaap-omgewing. Maar Kaapstad is besig om te verval - en is onveilig vir toeriste en veral buitelanders. Ek as 'n gereelde besoeker aan Kaapstad het onveilig gevoel by verkeersligte met al die verkopers wat hul ware wil smous, dis vuil en onwettige plakkers onder brûe en in Seepunt is 'n bedreiging. Ek sal beslis nie weer in Kaapstad inry nie en dit vermy."
"Dit bied wel baie aktiwiteite aan net jammer dat ons elke keer vir hospitalisasie moet reis."
"Melkbosstrand is enige persoon se droombestemming, want vandaar is Kaapstad slegs 'n paar minute se ry."
"Altyd lekker om hier te wees en baie om te doen sonder om baie geld te spandeer veral met staproetes."
"Heerlik om Afrikaans te hoor, en veral in Afrikaans in restaurante bedien te word. Almal is so vriendelik. Paaie in puik toestand - wat 'n skok om weer terug te keer na die Oos-Kaap."