Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 5099 reviews.
"Love Cape Town! I lived there for a few years. The Strand was very dissapointing though."
"Dit is 'n rustig en veilige omgewing. Was sentraal om Grand West en Waterfront te besoek. "
"Ons geniet Kaapstad baie. Ons het van 2006 omtrent elke jaar gegaan behalwe verlede jaar met lockdown. Sal altyd teruggaan of dit die Weskus is of in Kaapstad ─ dit is lekker."
"Baie skoon, daar is baie besienswaardighede en dan is die mense onbeskryflik vriendelik en hulpwaardig."
"Kaapstad en omgewing is die mooiste deel van SA. Spesiale plantegroei, die oseaan en berge met wêreld-gehalte wynplase teen 'n fraksie van die prys wanneer jy dit vergelyk met internasionale bestemmings soos Australië, Kalifornië of Frankryk! Local in Kaapstad is nie slegs lekker nie, dit is ongelooflik!"
"Kaapstad is baie lekker as 'n toerismebestemming. Daar is genoeg uithangplekke."
"Definitief 5 ster-gehalte. Besienswaardighede uitstekend en hul maak voorsorg vir pensionarisse. Paaie en strate besonder skoon."
"Kaapstad sal altyd die ideale vakansiebestemming bly en Durbanville sal ek altyd aanbeveel as die perfekte area in Kaapstad om akkommodasie te bespreek. Mense is vriendelik, gasvry en die area is boomryk en netjies. 'n Mens wil amper nie totsiens sê nie."
"So much to see and do, but I didn't have enough time to do it all. Will be sure to do more next time I am there."
"Die Clarence Drive tussen Gordonsbaai en Rooiels is iets wat enige toeris of besoeker moet sien. Gaan kyk en geniet!"
"Dis beter om op 'n plek buite die stad te bly en stad toe te ry vir aktiwiteite en wat jy daar wil doen. Sal beslis nie weer in Houtbaai oornag nie."