Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "
"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"
"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
"Pragtige dorpie, vol dinge om te doen en te sien. Puik restaurante."
"Clarens is absoluut pragtig! Het dit gebruik as 'n oornagdorpie op pad kus toe en was baie spyt ons het nie 'n week daar geboek nie. Daar is baie om te sien, te bewonder en te doen. Hopelik sal ons die geleentheid kry om sommer gou weer te kom."
"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."
"Aangenaam. Clarens het 'n ontspanne en vrolike atmosfeer en die besighede se personeel en so ook die algemene publiek was voor die voet vriendelik en baie behulpsaam. Die restaurante se voorbereiding en bediening van die kos was keurig, lekker en 'n goeie variëteit. "
"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"