Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Clarens is 'n pragtige dorpie, maar soos baie ander kleiner dorpe, is die munisipale agteruitgang ook duidelik hier te sien, b.v. al die slaggate in die dorp se hoofstraat."
"Kyk, Clarens is geensins goedkoop nie. Maar die plek klim in 'n mens se hart en ons hou baie daarvan. "
"Jy kan nie Clarens net in een dag besoek en beleef nie, beplan beslis vir 2 - 3 dae om alles in die omgewing ook te besoek. Wonderlike voorreg gehad om die Clarens Castle ook te besoek. Wat 'n belewenis."
"Beslis 'n moet vir elke persoon se "bucket list". Ons was vir amper 3 weke met vakansie, waarvan 3 nagte by Clarens was en die meeste geld wat ons gespandeer het was in Clarens. Kuierplekke wat besoek moet word: Grouse & Restaurant met 'n lekker warm kaggel saans, The Purple Onion Deli, Eat Cheese Deli, Clarens Brewery (free beer & cider tasting), The Bakery, Mushka vir lekker warm mohair sokkies, The Jacket Shop, Baris Monger Cheese farm op die Bethlehem-pad net buite Clarens, Die Koffiepot by iniBus oorkant Kiara Lodge, die oulike boekwinkel. Sugar & Cinnamon is ook 'n moet stop op pad Clarens toe. Daar is so baie wat ons nie gesien het nie en sal beslis die plekkie later vanjaar weer besoek. Ongelukkig was ons tyd net te kort om alles in en om Clarens ten volle te geniet, het eers die laaste dag die Zip-line, abseiling, archery ens. agter The Bakery raakgesien alhoewel dit geadverteer was, maar nie gespesifiseer was waar presies dit is nie. Negatiewe kommentaar: Ongelukkig het die drankwinkels wat oop was nie veel verskeidenheid van witwyne nie - veral Sauvignon Blanc, maar gelukkig kon dit by The Purple Onion Deli bekom word. Verskeie besighede in en om Clarens, onder andere die Noah's cheese farm & iniBus "Die Koffiewinkel" het op hul website aangedui dat hulle oop is net om al die pad soontoe te ry dan is dit toe, veral die Maandag, 29ste April."
"Clarence has certainly evolved to cater (pun intended) to the foodie crowd. A wide variety of restaurants offer unique tastes and menus to easily entertain for three or four days without ever having to suffer from repetition. Plenty of articles on sale and, though the usual suspects are present, there is enough of a local ‘craft spirit’ to distinguish it from the usual tourist trappings in other towns."
"Beautiful small town, friendly people everywhere, safe and restaurants serve amazing food."
"Beautiful, peaceful, well run, friendly. An awesome destination to get away from it all."
"Vroegoggend was daar 'n lekker vibe in die dorp met die fietstoer en dit was nog nie te besig nie."
"Het kort tydjie geniet. Wil definitief weer oor 'n langer tydperk besoek om aangename atmosfeer en mense maksimaal te geniet."
"We are regular visitors to Clarens - it is definitely in our top 5 favourite destinations in SA."