Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Asemrowende, natuurskoon, klein plekkie. Ons het dit verskriklik baie geniet om Clarens en omgewing te verken. Daar is baie om te doen of jy kan net sit en rustig wees en die pragtige natuur in neem as jy dit verkies."
"Baie besige plek oor naweke. Baie eetplekke met groot verskeidenheid van smake. Oor die algemeen is alles duur. Maar die ligging van die dorp is perfek tussen die berge. Mense is oor die algemeen baie vriendelik. Baie lekker om weg te breek."
"Altyd lekker om by Clarens en omgewing te kuier. Altyd iets nuuts en mooi om elke draai."
"Clarens is 'n pragtige dorpie tussen die mooiste berge. Ek het gevoel ek was in 'n oorsese bestemming want daar was geen van die kettingwinkels te sien nie. Elke winkel in die dorp is uniek. Die winkel eienaars is vriendelik, die dorp is skoon en netjies en verrassings het gewag om elke draai. Ek kom beslis weer terug. Hoogs aan te beveel vir 'n rustige en genotvolle naweek wegbreek. "
"Clarens is a spectacular town. The restaurants serve good food. People are friendly."
"Inkopies is duur. Geen kettingwinkels om voorrade aan te vul nie. Vriendelike en behulpsame inwoners en winkel eienaars. Toeriste wat aan buitemuurse aktiwiteite wil deelneem moet duur betaal om deel te neem in vergelyking met ander dorpe en stede."
"'n Mengelmoes van kuns en kultuur. Lekker kos en mooi goeters. Bekostigbaar met supervriendelike mense."
"Baie rustige plek waar mens kan wegkom van die gejaag en roetine in die week. Daar is baie om van te kies en keur om te doen en te geniet. Mens kan baie rustig wees of baie besig wees. Ons geniet Clarens baie!"
"Die idee is seker kampeer, maar tydens reën sal dit mooi en prakties wees as daar paadjies uitgelê is na die ossewaens toe met iets soos klip, gruis of plaveistene. "
"One of the most beautiful places I have ever seen! If you love forests, small towns, hiking, shopping and views to die for then this town is for you. Super dog-friendly! Our dogs were allowed in most the shops and restaurants and the hikes are dog friendly too. "
"Het dit geniet om daar rond te loop. Net jammer mens kan nie foto's neem by die winkels nie."
"We visit Clarens 2 to 3 times a year and still enjoy just the same as 15 years ago."
"Picturesque and quaint little town with lots of gallery’s to view and lots of coffee shops to try."