Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 606 reviews.
"Dis 'n juweeltjie van 'n plek, so naby en pragtige natuur en diere is beslis 'n besoek werd!"
"Dit was ons eerste besoek, nogal teleurstellend. Paaie nie in goeie toestand nie, ons het met 4x4 gery. Aanwysings nie duidelik nie, te min piekniekplekke. Nie veel van die Groot 5 gesien nie, alhoewel ons 2 volle dae daar was."
"Die reservaat self is besonders mooi. Daar is 'n verskeidenheid diere om te besigtig op die selfrit. Sal die reservaat weer besoek."
"A lovely getaway. Feels like Botswana! Why drive that far when you can experience Botswana literally down the road from you? Absolutely loved it!"
"We drove around the park for a total of around 8 hours over the course of the weekend but didn't see much game. Beautiful girraffe and buck but none of the Big 5. We saw 4 black back jackals early in the morning which was nice, but the game viewing itself was a little disappointing, but was absolutely the luck of the draw and had nothing to do with the quality of the accommodation."
"Dit was my eerste en sal vir seker weer kom kuier, dit is so naby aan Pretoria en ek is so jammer ek het nie jare gelede al die juweel ontdek nie. Een van die beste wat ek nog besoek het. "
"Daar moet 'n bord opgesit word met kaart en waar die groot 5 te sien is vir die dag of week."
"Die grondpad het ongelukkig vir ons 'n gekraakte windskerm en skade aan karavaan besorg. Dit is egter nie Dinokeng se skuld nie."
"Hou van die opsie om of te "self drive" of gebruik te maak van "game drives" binne Dinokeng en die groot verskeidenheid wild te sien."
"Die wildritte is great, en ons het baie diere gesien. Maar dis moeiliker om iets te sien as jy op jou eie ry. Die bewaringsfooie, permitte en wildritte kan alles optel tot baie ekstra geld, veral as jy ’n groep mense is."
"Baie van die selfry-roetes wat nie gemerk is as 4x4 nie, kort aandag. Dis nie so begaanbaar soos hulle voor gee nie"
"Dinokeng Wildreservaat is altyd skoon en netjies en jy sal vir seker tuis voel in die bos."
"Dit het soveel meer potensieel as daar nie net vir die buitelanders omgesien word nie. Dit is finansieel uitbytend teenoor die "locals"."
"Dis 'n openbaring om 'n Groot 5-reservaat binne 30 minute se ry te ervaar."
"Ons is mal oor Dinokeng en besoek die wildreservaat gereeld. Dis gerieflik naby aan JHB en bied 'n wye verskeidenheid verblyfopsies en restaurante. Selfry-roetes bied goeie wildkyk-geleenthede en piekniekplekke is baie netjies. Meeste lodges bied ook wildritte aan en daar is selfs 'n microlight-vlug opsie."
"Self-drive mostly doable with a sedan vehicle with only a few difficult/uneven patches. Will come in our SUV/higher clearance vehicle next time. Plenty of restaurants to choose from in Dinokeng."