Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 526 reviews.
"We were disappointed not to see any of the Big Five, but I guess that is how it goes in a game reserve. Other than that, the staff at the gates are friendly and welcoming and we did enjoy our stay."
"Die aanwysings is duidelik en die grondpad is rybaar met 'n gewone voertuig. "
"Ons was aangenaam verras oor hoe maklik dit vir ons as Pretorianers bereikbaar is. Ons sal beslis weer soontoe gaan."
"Bosveld naby aan die PWV en bosgevoel daar, maar die musiek gedurende die nag vanaf Hammanskraal 'n bietjie steurend en die digtheid van die ou plotte bietjie hoog wat verkeer in die park nogal gevaarlik maak, veral naby Arlington."
"Ons was wel 'n Saterdag en Sondag in Dinokeng, maar dink daar is meer lewe op 'n Sondag. Saterdae is dit baie stil maar dit is ook wat 'n mens nodig het om weg te breek van die stadslewe. Dié myndorpie sal altyd 'n baie interessante plek wees om te besoek. "
"Diere vreeslik gesond, maar groot areas is leeg. Van die grootste bokke per spesie gesien. "
"Wens daar was meer Groot 5 in die area - kanse skraal om hul te sien. Maar dit bly pragtige bos."
"Daar is net te veel akkommodasie geriewe in die openbare gedeelte (self drive area) van Dinokeng. Kyk maar self na die kaart wat jy by die toegangshek kry. Dit voel regtig of jy tussen 'n klomp plotte rondry. Ons het nie privaat kampe besoek nie."
"Nice that it is easily accessible from Johannesburg. Nice countryside for drives. Not an abundance of game."
"Beautiful place. So close to Pretoria, but when you are in Dinokeng, you feel far away from home."
"Orals rondgery (ook saam met veldwagter-wildrit) en teleurstellende verskeidenheid diere gesien."
"Baie lekker omdat dit naby is aan Pretoria en al die diere wat daar is."
"Dis baie naby Pretoria, so dis maklik om vinnig vir 'n naweek weg te breek. Ook heelwat wild gesien."
"Dit is die derde keer wat ons in Dinokeng oorbly en sal dit beslis weer doen. "
"Hierdie reservaat is ons gunstelingplek op die oomblik en sal keer op keer terugkom."