Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 1294 reviews.
"Dis 'n baie lekker dorpie om 'n naweek te spandeer met oulike winkels. Ek sal net voorstel dat hulle verbeter op die grondpad tussen die treinspoor en Muddlers Minnow."
"Baie mense wil eendag hulle huisie by die see hê om in af te tree. Wel ek gaan myne in Dullstroom bou."
"Ek was al reg oor die wêreld. Dullstroom is verseker in my opinie een van die mooiste, gasvryste en rustigste dorpies in ons pragitige land. Die kontras tussen vaal hoëveld met hierdie juweel van 'n dorpie met die heuwels, helder kabbelende stroompies en foreldamme, owergroen bome en pragtige sandsteen huisies, maak Dullstroom 'n juweel van 'n bestemming vir die wat sielsrus soek en nader aan ons Skepper wil voel. Die verskeidenheid winkeltjies en eetplekkies is smaakvol en gasvry. As jy nog nooit in jou lewe in Dullstroom was nie mis jy beslis uit. En as jy eers daar was sal jy altyd wil teruggaan."
"Dullstroom bied baie vir iemand wat 'n dag of wat uit die stad wil ontsnap en nie te ver wil ry na n plekkie waar jy lekker kan eet en in tipiese toeristewinkels kan rondsnuffel. Die omgewing onmiddelik buite Dullstroom bied weer baie buitelugbloostelling en veral forelhengel is gewild"
"Sal enige tyd daar tyd spandeer. Ons is vriendelik gehelp in die winkels en die dame by Dullstroom Art en Crafts het uit haar pad gegaan om die lappe vir ons te maak soos ons dit wil hê. "
"Pragtige dorpie, baie skoon en netjies! Aanbeveling vir uitmuntende restaurant - Art @ Food!"
"Dullstroom is behoorlik ingerig vir die toeris. Daar is menige restaurante en winkeltjies en herinner aan 'n dorp soos Franschhoek of Hermanus. As jy lief is vir visvang, stap en boeklees is hierdie die plek vir jou. Die dorp se winkels en restaurante grens net soms 'n bietjie aan die duurder kant."
"Wens daar wil 'n historiese beheerliggaam gestig word vir die dorpie, soveel verwaarlosing doen afbreek aan mens se ervaring. Winkeltjies kan beman word met meer entoesiastiese verkoopspersoneel..."
"Awesome dorpie... ons was oor 'n langnaweek daar en al die besoekers het gesorg vir 'n lekker vibe. "
"Die pad wat deur Dullstroom loop is ongelooflik besig en hulle kon die dorpie bietjie beter beplan het. Kar wagte en smouse was 'n groot PYN oor die langnaweek wat ons gegaan het. "
"Die pad na Dullstroom toe (van Belfast na Dullstroom) is baie sleg en vol slaggate. Dit sal nice wees as die pad reggemaak kan word. "
"Dullstroom self is wonderlik. Baie lekker vir 'n naweekwegbreek. Allerhande interessante goed om te doen."