Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Ek kan nie behoorlik kommentaar lewer oor die dorp nie aangesien ons net deurgereis het en een nag oorgebly het. Sal wil teruggaan om die area beter te ervaar in die toekoms."
Gxarha (Morgan's Bay), Eastern Cape
Lagoon View on Inchara Drive"Take off the Bakery sign on direction board."
"Sal graag meer van Graaff-Reinet wil sien, dit was ongelukkig net 'n pit stop vir 'n lang pad vorentoe. Ons kon darem die pragtige kerk van binne en buite ervaar."
Makhanda (Grahamstown), Eastern Cape
Mimosa"Sal net meer wil sien, Grahamstad was 'n oornag stop vir 'n lang pad. Ons was wel by die 'Albany Prison' - lekker 'hot chocolate' en gawe ontvangs."
"Pragtige dorp met alle noodsaaklike geriewe en baie vriendelike en behulpsame mense. Lieflike natuur en baie netjies en skoon oor die algemeen."
Marina Martinique, Eastern Cape
Claptons 18 Jeffreysbaai"Die Marina Martinique is pragtig, maar mens moet ver deur 'n informele nedersetting ry om daar uit te kom."
"'n Stukkie van die ou wêreld wat sy eie bekoring vir ons ingehou het. Die Uilhuis is 'n besoek wat vir elke mens sy eie gevoel gee. Ons is so bly dat ons besoek aan Nieu-Bethesda afgelê het omdat dit so anders al die alledaagse is. Ek het sowaar in stukkie van my siel daar ontdek. Heerlike black forest koek by Andre van Manna geniet en die padstal by die ingang van die dorpie is vol verassings. Ons het heerlik onder die halfmaan na ons ete by die Towers gestap."
"Die klimaat is heerlik en die dorpie se mense is so vriendelik. Ek sou daarvan hou dat die besienswaardighede duideliker gemerk was op die roetes."
"You must go to Nieu-Bethesda because you want to. Read first what you want to do there. If it is peace you want and you want to get close to nature. It is a good place to go."
"Een van die pragtige, skoon plekkies van ons land. Feitlik geen papiere en gemors wat rondlê nie. Die inwoners was almal baie aangenaam. Dit was 'n eerste keer vir my en hoop nie 'n laaste besoek nie. "
"Mooi dorp met baie ou historiese geboue en kultuur. Mense is vriendelik."