Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Oviston is 'n oulike Karoo dorpie, mooi en meestal netjies, met min om te doen, net wat ons nodig gehad het. Die Gariepdam is gerieflik naby, maak dit maklik vir visvang en pragtige foto's."
"Vermy die stad. Ry eerder verder noord-oos vir vermaak en ontspanning."
"Alexandria self is 'n baie ou dorpie en benodig herstelwerk aan baie van die geboue. Al hoe wel jy die ouderdom van die dorp regdeur kan sien is die paaie skoon en goed in stand gehou waar toeriste mag reis."
"Lieflike area om vakansie te hou. Kaap St Francis het 'n heerlike strand en daar is wonderlike stap en bergfiets paadjies."
"It has a lovely accessible beach that we used often. The road outside the Dune is busy and could use a pedestrian crossing. "
"Kabeljous is uitstekend en stil geleë uit die hoofstroom van bedrywighede, maar naby genoeg aan alles dat dit uiters gerieflik, maklik en vinnig is om te bereik. As Jeffreysbaai se hoofstrand met baie mense nie jou ding is nie, is Kabeljous se strand en lagoon die perfekte alternatief. Beslis 'n aanbeveling vir 'n lekker rustige ontspanne tyd."
"Pragtige natuurskoon met skoon strand. Gonubie is klein tog beskik dit oor alles wat 'n toeris mag benodig. Word hoogs aanbeveel. "
"Steynsburg kan doen met 'n restaurant waar mens kan aansit vir ete en ontspan na die dag se ryery."
"Sal definitief aanbeveel om na 'The valley of desolation' toe the gaan, asook om aandete te gaan geniet by 'Polka' restaurant. Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp!"
"Dis 'n heerlike swemstrand, met lifeguards. Rustige omgewing. Sal enige tyd weer daar tuis gaan."