Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Dit is die mooiste, rustigste en vriendelikste plek ooit 'n Besoek aan The Tea Room is 'n moet! Die kos is lekker en bekostigbaar en die diens goed. Die strand is mooi skoon en ons het veilig gevoel daar. Hou aan met die goeie werk Kidd's Beach!"
"Mens behoort 'n paar dae oor te bly om die dorp en omgewing te kan verken - dit is beslis die moeite werd om op pad hier 'n tydjie oor te staan."
"Besoek aan die NG Kerk met die hoogste toring in die Suidelike Halfrond en Marguerite Beneke se glaswerkgalery is absolute moet. Die dorp se tuinhekkies is vreeslik mooi en kreatief."
"Dis 'n baie lekker toeristebestemming. Veilig, en rustig net wat mens nodig het vir 'n vakansie!"
"Kan nie glo dit het soveel jaar vir my gevat om in Oos-Londen te kom nie, pragtig!"
"Dit is 'n rustige en vriendelike omgewing. Die ligging van die area is van so 'n aard dat daar nie hoef rondgery te word nie en maklik kan stap om by enige plek te wees nie. "
"Besoekers aan Graaff-Reinet moet beslis Camdeboo Nasionale Park besoek, en meer spesifiek die Valley of Desolation. Verdermeer, as tyd dit toelaat, 'n uitstappie na Nieu-Bethesda sal ek hoog aanbeveel. "
"Baie aangename strande met heelwat aktiwieteite en natuurskoon om te geniet in die omliggende omgewing."
Chintsa (Cintsa), Eastern Cape
Lone Tree Guest Farm"Een van die mooiste plekke in Suid-Afrika en 'n bes bewaarde geheim. Hoop dit bly so."
"Cradock word dikwels gesien as 'n plek om brandstof aan te vul of om iets te ete te kry. Daar is veel meer te sien en te doen. "
"Gonubie is ideal vir 'n wegbreek vir jou as persoon of gesin. Dit is'n pragtige en veilige gebied waar alles binne loopafstand is. Jy verlaat die plek as 'n nuwe mens.Ek glo almal moet die stukkie Paradys besoek. "
"'n Lifelike dorpie waar mens gerus vir 'n ekstra dag kan oorbly. Camdeboo Nasionale Park is definitief 'n besoek werd, asook die Groot Kerk. "
"Ons eerste besoek en het nooit geweet dit is so mooi nie . Oulike winkeltjies en lekker eetplekke. Hier sal ek kan aftree ."