Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Ek het 'n blywende gevoel gehad dat Graaff-Reinet 'n effe duur bestemming geword het. Ek het begrip vir stygende insetkostes, maar wonder of mens op ander plekke bietjie goedkoper kan regkom."
"Baie besig oor seisoentyd, maar ek was al in die res van die jaar ook daar en dit is beslis 'n plek waar mens kan rustig raak. Ameri Place is weg van al die gedruis en mense oor seisoentyd, so dit is die ideale plek om by te bly."
"Middelburg is bloot 'n gerieflike oorslaapplek vir ons op pad terug omdat die afstand huistoe die volgende dag heeltemal rybaar is. Ons het selde die geleentheid om die dorp of omgewing te verken op pad huistoe. Die oornagverblyf moet bloot funksioneel wees vir ons. Ons het ook baie moeilik 'n oop restaurant 7 uur die aand gekry en het by die een waar ons wel gekom het, amper 2 ure gewag vir ons bestelling (wat 'n doodgewone geroosterde toebroodjie en 'n hamburger was). Ons was nie die enigste gaste wat ontsteld was oor die swak bediening nie. As ons nie beter oornagverblyf in die toekoms in Middelburg kan kry nie, sal ons nie weer daar oorslaap nie."
"Was baie verras. Sal definitief weer daar oorslaap en selfs meer tyd spandeer om al die besienswaardighede in die dorp te besoek."
"Pragtige Karoo-dorpie met behoorlike bekoring en geskiedenis. Die omliggende area is net so pragtig met heelwat dinge om te doen en te sien."
"The gem of the Karoo. People don't know what they are missing when they only use the town as a stopover."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Walmer Manor Guest House"Lovely city with warm, friendly and fun people."