Verified Reviews
Eastern Free State Highlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands
Rated 4.6 out of 5 based on 4812 reviews.
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Uitzicht Private Game Reserve and Lodge"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Mont d’Or Clarens"Baie winkeltjies en restaurante. Die Portugeuse restaurant se personeel was onvriendelik. Die ander restaurant maak of vroeg toe, of is baie besig, of jy wag vir 'n tafel en as jy een kry, wag jy vir diens en kos. Ons kon rustig deur die sakekern stap in 'n kort tydjie en al die winkels was stapafstand. Die Saterdag was daar ook vele stalletjies op die plein. Dit was duidelik wie was die besoekers/toeriste (stil en rustig), en van die mense van die dorp/omgewing. Die mense van die dorp/omgewing is die wat met klipharde musiek en oop vensters die rustige atmosfeer versteur. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Titanic View - Place of Peace"Uitstekend. 'n Plek van inspirasie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Highland View"Clarens is baie dierevriendelik. Ons twee klein hondjies het dit terdeë geniet. As julle met hondjies gaan, gaan stap met hulle in die Clarens Nature Conservancy. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Patcham Place"Clarens en die omliggende omgewing is beeldskoon en daar is iets vir almal om te doen. Dit is 'n uitstekende vakansiebestemming!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
The Courtyard Guest House"Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist. "
Rosendal, Eastern Free State Highlands
Gaffie's"Baie min winkels om selfsorgkos en proviand aan te skaf, veral buite besigheidsure. Kry jou benodighede in Ficksburg of voor jy aankom. "
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Sandstone Chameleon Guest House"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Kolgans Villa 147"Clarens is 'n wonderlike dorp. Ons kom altyd verfris terug en kan nie wag om weer soontoe te gaan nie."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Pumula Guest Farm"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."
Clarens, Eastern Free State Highlands
RiverWalk Guest House"Pragtige plek met die mooiste natuur. "
Rosendal, Eastern Free State Highlands
Gaffie's"Ek weet nie of daar baie toeriste by Rosendal uitkom nie. Die natuurskoon en omgewing is pragtig, maar die dorp is klein en nog baie onderontwikkeld."
Clarens, Eastern Free State Highlands
V'Kansi Khaya"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."
Clarens, Eastern Free State Highlands
De Ark Mountain Lodge"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rooikat Cottage"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"
Rosendal, Eastern Free State Highlands
Gaffie's"Perfek! Die mense in die dorp was vriendelik en ons was verras deur die kunstenaars wat daar was. Ek hoop ons kry weer die geleentheid om Rosendal te besoek. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Red Mountain House"Uitstekend as mens net wil wegkom en rus!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Sir Henry's Guest House - Clarens"Pragtige dorpie, vol dinge om te doen en te sien. Puik restaurante."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Sir Henry's Guest House - Clarens"Clarens is absoluut pragtig! Het dit gebruik as 'n oornagdorpie op pad kus toe en was baie spyt ons het nie 'n week daar geboek nie. Daar is baie om te sien, te bewonder en te doen. Hopelik sal ons die geleentheid kry om sommer gou weer te kom."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Lake Clarens Guest House"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."