Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 9016 reviews.
"Margate is crowded over the festive season. However, service over this time is incredible, such as staff in the local restaurants are well trained and the quality of food was fantastic."
Manaba Beach, Escape From Durban
Sonnestrale House"Goeie visvang area, naby al die groot strande en vermaak en by die winkels."
"Die hoofstraat is baie beknop met min of geen parkeerplek. Daar is amper niks om te doen wanneer dit reën nie."
"Gaan definitief na El Posstino toe. Die kos is regtig goed en die diens fantasties."
Zinkwazi Beach, Escape From Durban
Ocean Reef Hotel"Die mooiste strand in die wêreld - vanaf Ocean Reef tot hoofstrand."
"Baie mooi kusdorpie, skoon en netjies, paaie is goed en baie toeganklik na mooi skoon strande. Goeie bestemming vir scubaduikers!"
"Margate se eetplekke is goed geleë en lewer goeie waarde vir geld. Veiligheid is goed en strand was skoon daagliks. Baie besienswaardighede. Sal definitief Margate weer besoek."
"Baie besig in Desember, maar dit is heerlik. Baie lekker swemstrand en lagune, asook groot seeswembad met grasperk. Ons het dit baie geniet."
Manaba Beach, Escape From Durban
Arista 1"Manaba is een van ons gewildste bestemmings vir vakansie."
"Pragtige dorpie met die mooiste uitsig, sal ook graag daar wou gaan aftree."
"Die nuwe Mtuba Mall is net die plek om aankope te doen voor mens die wildparke in die omgewing besoek."
Manaba Beach, Escape From Durban
Beau Vista no 3"Nie baie besienswaardighede nie, maar 'n baie rustig plek, vriendelike mense. 'n Heerlike plek om te rus, maar ook genoeg afleiding omdat dit naby groot strande is. Sal enige tyd weer soontoe gaan."
"Daar is net nie genoeg aktiwiteite nie. Ek dink kinders sal baie verveeld wees daar."
Pennington, Escape From Durban
Sheehan's Cottage"Ons het Pennington baie geniet. Heerlike, stil plek, pragtige natuurskoon. Dalk bietjie te stil vir tieners, maar sal definitief weer soontoe gaan."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"Ramsgate was nog altyd 'n aangename vakansiebestemming, en ons sal weer daar gaan vakansie hou."
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."