Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 8306 reviews.
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Out of Africa Village Self-Catering"Great, and with the most amazing views and activities. The part I enjoyed the most was the cable way and being on top of a mountain as well as the monkey sanctuary."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Laetari Guest House"Very nice environment with lots of entertainment."
Mogwase, Escape From Johannesburg
Tented Adventures Pilanesberg"Lekker wildritte in Pilanesberg-reservaat geniet. Puik!"
Villiers, Escape From Johannesburg
Naguiltjie Guesthouse"Villiers lyk asof hy stil gaan staan het in tyd. Dit is 'n stil dorpie met vriendelike mense."
Brits, Escape From Johannesburg
Manzi Maningi"Die paaie is nie so besig soos na ander bestemmings toe nie. Bietjie warm gedurende die somermaande. "
Senekal, Escape From Johannesburg
Nannie's Garden Cottages"Senekal Moederkerk (Klipkerk) is regtig 'n mooi kerk (as jy belangstel in argitektuur). Oons het ons ontbyt en kuier by die Senekal Padstal (langs die R70) baie geniet (kos en snuisterye). Beslis 'n pitstop werd."
Parys, Escape From Johannesburg
River Cottages"A very small, old town with a rich fame from the Vaal River."
Parys, Escape From Johannesburg
Rose Acres Guest House"Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak. "
Parys, Escape From Johannesburg
Doringbos Lodge"Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees."
Parys, Escape From Johannesburg
Blue @ Vaal"Dit was so vreemd dat baie van die restaurante toe was en dit was hoog seisoen (eerste week in Januarie). Behalwe daarvoor is daar regtig oulike winkeltjies om jou dag om te shop as die man gaan pap gooi."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Sunset Bush Camp"Dinokeng is 'n natuurreservaat wat maklik bekombaar is vanaf Pretoria of Johannesburg. Die reservaat is groot en het baie paadjies en 'n groot verskeidenheid wilde diere. Ons het ongelukkig nie enige van die Groot Vyf gesien nie, maar dit was baie ruig. Dinokeng kan beter bemark word, aangesien ons glad nie geweet het wat om te verwag nie en hoe dit werk as jy eers daar aankom nie. Ons ken ook baie min mense wat al daar was, al bly ons in Pretoria en dis al vir 6 jaar oop. Die afsonderlike kampe word baie bemark maar nie die reservaat self nie. Die paaie is ook bietjie rof vir 'n gewone Sedan, maar verder was dit baie lekker."
Klerksdorp, Escape From Johannesburg
Boshoff's Inn"Die tydjie was te kort om rond te ry. Ons was baie verras oor die winkelsentrum - lekker groot en ruim. Sal graag weer daar 'n draai wil gaan maak."
Parys, Escape From Johannesburg
Schilbach House"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Die Pampoenpaleis"Wat 'n wonderlike dag, het baie geleer oor die leeus, die mense is baie gasvry en ek sal ook 'n nag of twee wil oorslaap, dit was wonderlik."
Potchefstroom Central, Escape From Johannesburg
Herberg vir Afrika"My dogter is daar op universiteit en dit is die rede hoekom ek Potchefstroom toe kom. Vir my is dit 'n lieflike dorp, maar ek kan my nie uitspreek oor die toeriste-aktiwiteite, ens. nie. Daarvoor is ek te min daar."
Parys, Escape From Johannesburg
The White Giraffe River Cottage"Parys is 'n pragtige plek. Dit was natuurlik 'n bietjie besig oor die Kersseisoen, maar sal beslis weer daar gaan kuier."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Destiny Lodge - Cullinan"Kan jy glo dit is die eerste keer wat ek in Cullinan was en die dorpie is fantasties. Ek glo net Cullinan doen nie genoeg bemarking nie en dit sal baie hartseer wees as alles moet uitsterf - kyk net hoe het Parys begin blom. Cullinan julle moet plan maak."
Bethlehem, Escape From Johannesburg
La Croche Guest Lodge"Naby Clarens. Geen behoorlike restaurante nie. "
Parys, Escape From Johannesburg
Museo Karma"Parys se hoofstraat is 'n ongelooflike lekker plek. Die winkeltjies is baie verwelkomend en skep 'n wonderlike atmosfeer. Parys staan nie terug vir Clarens in dié opsig nie. Daar is ook gorie gholfbane wat die mans besig gehou het sodat die vrouens kon rondloop."
Groenkol, Escape From Johannesburg
The Gables Guest House"Rustige en still buurt, boomryke strate ... ideaal vir 'n laatmiddag stappie."