Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Clarens is baie mooi en skoon. Lekker staproetes. Overall is die dorpie over priced. "
"Die enige groot plus is die nabyheid van Golde Gate. Die dorp is maar dooierig gedurende die week buite seisoen."
"Vir fotograaf wat in landskap en natuurtonele belangstel, pure vreugde. Winkeltjies se pryse natuurlik buitensporig."
"Dit is nie meer die "ou" Parys nie. Die fasiliteite langs die rivier is bouvallig en verwaardeloos en in ongebruik. Die water van die dorp kan nie net so gedrink word nie. Dit was 'n redelike skok om te sien hoe die plek agteruit gegaan het. Die eetplekke soos AB's pub and grill was baie goed en ons het heerlik daar geëet."
"My missie om tydens my vakansie tye klein dorpies te besoek met die afneem van kerke in die omgewing. Die ou NG Kerk met sy sandsteen afwerking was onbeskryflik. Dan met my uittog na Heilbron moes ek stop by Funcky Quilt waar Josephine by my lappop versameling bygevoeg het. Pragtige winkeltjie met die wonderlikste mense wat daar werksaam is."
"Pragtige dorpie. Baie veilig en vriendelike mense. Die Paasmark was aan tydens ons besoek en het vele plaaslike handgemaakte produkte te koop gehad. Die Lush musiekfees was aan tydens ons besoek, maar die dorp het nog steeds vele ander interessante dinge om te doen. Ons kan die dino tours aanbeveel, asook die pragtige, goed onderhoude staproetes (veral Mallen & Spruit) in die omgewing. Middagete by Clementines restaurant was heerlik met selfs vegan opsies, maar onthou om te bespreek. Kunsgallerye en vele "craft" winkels is lekker om deur te stap en die Clarens se Wellness day spa is 'n lekker manier om te ontspan na 'n lang dag van shopping. 'n Dag by Golden Gate park is ook fantasies. "
"Parys is 'n oulike dorpie vir enige paartjie om net weg te kan breek vir die naweek. Nie te ver van Johannesburg nie en ook nie te duur dorpie om mens te geniet nie."