Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Sal dit enige tyd weer besoek - bietjie langer oorbly en meer plekke besoek."
"Het verlief geraak op die plek, was ons eerste keer - maar defnitief nie die laaste!!"
"Na die groot knellende droogte was dit wonderlik om te sien hoedat die veld herstel het en mooi die vlaktes met groen gras en diere wat daar wei. "
"Een van ons mooiste dorpies in Suid-Afrika. Die ligging, klimaat, oulike winkels en mooi gastehuise. Kan by Golden Gate 'n draai maak, so voorwaar 'n oulike skilderagtige dorp."
"Baie lekker plek om te ontspan en net rustig te verkeer. Lekker winkels en restaurante."
"Pragtige dorp en natuur. Maar bring jou eie kos en vleis. Die winkel op dorp is maar baie basies gestock!"
"Heerlike atmosfeer, lekker eetplekke en oulike winkeltjies. Glad nie uitspattig duur vir 'n groot toerisme aantreklikheid nie. Een van die lekkerste en oulikste dorpies ."
"Uiters mooi wêreld. Beveel dit aan vir enige natuurliefhebber. Regtig baie mooi."
"Was heerlik, daar kort net iets vir kinders onder 12 jaar om te doen. Klimrame of trampoliens op grasperk...of so iets!"
"Ons het net 'n oornagplek gesoek so ongeveer halfpad tussen die Kaap en KwaZulu-Natal. Bloemfontein het in die doel beantwoord en Fichardt Park se ligging na aan die snelweg was ideaal. Ons het gekom, geslaap en voor sonsopkoms weer vertrek. Ons het geen benul wat in Fichardt Park aangaan nie. Dit lyk na 'n gemiddelde, netjiese woonbuurt, maar of daar iets is waarin toeriste sou kon belangstel sal ek beslis nie weet nie. "
"Dit is 'n baie lekker plekkie. Al probleem is die "potholes" is regtig baie."