Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek."
"Clarens is 'n baie interresante en pragtige dorpie. Het dit beslis geniet. Uitsig was pragtig. Oulikste winkeltjies en vriendelike mense."
"Die hoofstraat is BAIE BESIG en soms gevaarlik om oor te stap. Die winkels is stunning en die restaurante was great! "
"Parys met al sy antieke- en kunswinkels is 'n belewenis. Woensdae tot Sondae 2nm beste tye. "
"Ek het Clarens baie geniet , al die berge en skoon lug en mooi natuur. Die rustigheid was vir my so genotvol. Die mooi winkeltjies en restaurante was ook iets om te geniet."
"Bethlehem kan meer bemark word aangesien dit net 36km vanaf Clarens is, en dit baie meer bekostigbaar is as in Clarens. Dit het sy eie bekoring met 'n pragtige natuurskoon. "
"Die mense is baie vriendelik en dis baie lekker om orals heen te loop en al die mooi goed te sien."
"Oulike staproetes in 'n baie besondere stuk natuurskoon. As jy nie 'n kunsliefhebber is nie, is daar nie veel aan die dorpie nie."
"Ons was verstom oor die prag van die Oos-Vrystaat! Wonderlike, hulpvaardige en vriendelike mense! Mense het vriende geword!"
"Die dorp lyk skoon en selfs op die Sondag was werkers besig om strate skoon te maak."
"I felt safe and any tourist can be safe. It is close to the malls etc so I would recommend it."
"Parys is werklik 'n belewenis, om slegs 150km vanaf JHB af te ry en hierdie dorpe te besoek op 'n naweek is definitief die moeite werd. Koffie winkels, antieke winkels van die boonste gehalte, lekke gees in die aande by die restuarante en die vriendlikste mense wat ek al teëgekom het. Parys en sy gasvreiheid sal ons definitief gou weer sien."