Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 1244 reviews.
"It's a little town by the sea. First place to visit is the Information centre to get the times the sightseeing places close or else you might be a little disappointed.The light house closes at 15:00. The strand museum in Franskraal is only open between 10-12 in the morning."
"'n Stukkie paradys, heerlik vir ver stap of draf. Die weer was uitstekend toe ons daar was!"
"Lieflike klein stranddorpie met alle inkopiegeriewe net 'n klipgooi weg. Lekker sentrale ligging om die omgewing te verken."
"For people who just wants to switch off with not a lot off expectation to be entertained."
"Pragtig, onbesoedel, rustig, wonderlike mense wat net heeltyd reg is om 'n geselsie aan te knoop. Die wonderlikste natuurskoon. 'n Lafenis vir 'n moëe siel."
"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
"De Kelders is 'n aangename rustige area by Gansbaai en ons sal graag weer daar wil gaan kuier. "
"Ek dink Gansbaai moet bietjie groei op 'n mens! Daar is oulike restaurante en koffiewinkels, maar die meeste maak eers na 10:00 oop! Die strand by Franskraal is baie lekker! Die winkels in Gansbaai was 'n aangename verrassing met 'n goeie SPAR en Clicks."
"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
"De Kelders is 'n baie aangename, stil dorpie met vriendelike mense. Die natuurskoon is pragtig. Daar is ongelukkig nie 'n swem strand wat maklik bereikbaar is nie, maar as jy nie omgee om 'n entjie te ry nie, dan maak dit nie eintlik saak nie. Dit is ook baie sentraal as jy die omgewing wil gaan verken."